Sojoes 23 duimnael Ruimtesending: Sojoes 23 Herkoms: Rusland Lansering : 14 Okt. 1976 17:19:38 UTC Baikonoer Geland: 16 Okt. 1976 17:45:53 UTC Verblyf: 2 dae, 0 uur, 6 minute, 35 sekondes Omwentelinge: 32
Die Sojoes 23-ruimtetuig is op 'n Almaz-militêre sending na die Saljoet 5-ruimtestasie gestuur, met die ruimtevaarders Wjatsjeslaf Zoedof en Waleri Rozjdestwenski aan boord. Weens 'n tegniese probleem met die koppelstelsel kon hulle nie aan die Saljoet 5 koppel nie. 'n Soortgelyke probleem is voorheen met die Sojoes 15-sending ervaar.
Weens die probleem is die sending afgelas. Die Sojoes 23 het teruggekeer na die aarde, maar probleme ondervind nadat dit die atmosfeer binnegegaan het. 'n Sneeustorm het die tuig se valskerm vol sneeu geblaas, waarna die kapsule op 'n bevrore meer geland en toe in die water beland het. Die temperatuur het dié dag tot -20 °C gedaal.
Die bemanning het alle verhitting afgeskakel om krag te bespaar. Pogings om die kapsule met 'n amfibiese voertuig te bevry het misluk. Skubaduikers het eindelik daarin geslaag om die twee bemanningslede lewend uit die kapsule te bevry.
Bemanning Wjatsjeslaf Zoedof (Enigste tog) Waleri Rozjdestwenski (Enigste tog)
Sending Massa: 6 760 kg Perigeum: 239 km Apogeum: 269 km Inklinasie: 51,6° Periode: 89,5 min.
Eksterne skakels Bergingsoperasie in 'n meer
<center> Vorige sending: Sojoes 22 Sojoes-program Volgende sending: Sojoes 24
Kategorie:Ruimtevaart Kategorie:Bemande ruimteprogram van die Sowjetunie