duimnael|Christi Himmelfahrt, skildery deur Gebhard Fugel, ca. 1893 duimnael|Voorstelling van die hemelvaart deur Giotto di Bondone

Op Hemelvaartsdag (Latyn: Ascensionis Domini) vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het (vir verdere inligting rakende die godsdienstige betekenis van die dag, sien Hemelvaart). Hemelvaartsdag val op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, wat veroorsaak dat die datum elke jaar anders is. Hemelvaartsdag val wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartsdag val tien dae vóór Pinkster.

In baie lande, waaronder België, Colombia, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Liechtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartsdag 'n vakansiedag in die middel van die week. Daarom word die Vrydag daarna ook "Vaak Vry" genoem. Baie Christene sal ook 'n kerkdiens of mis besoek op hierdie dag. In ander lande, byvoorbeeld Hongarye, Italië, Pole, Portugal en Spanje, gaan mense kerk toe op die Sondag ná Hemelvaart.

In vroeëre jare het mense op Hemelvaartsdag al teen drie uur snags opgestaan om al singend kaalvoet oor gras te loop, omdat hulle geglo het dat dit 'n ritueel is wat magiese en genesende uitwerkings sou hê. Dit word doutrap genoem.

Datum Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 30 April en die laaste moontlike is 3 Junie. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 1 of 4 Junie 8 Junie 2001 24 of 27 Mei 2002 9 of 12 Mei 13 Junie 2003 29 Mei of 1 Junie 5 Junie 2004 20 of 23 Mei 2005 5 of 8 Mei 9 Junie 2006 25 of 28 Mei 1 Junie 2007 17 of 20 Mei 2008 1 of 4 Mei 5 Junie 2009 21 of 24 Mei 28 Mei 2010 13 of 16 Mei2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 2 of 5 Junie 2012 17 of 20 Mei 24 Mei 2013 9 of 12 Mei 13 Junie 2014 29 Mei of 1 Junie 2015 14 of 17 Mei 21 Mei 2016 5 of 8 Mei 9 Junie 2017 25 of 28 Mei 2018 10 of 13 Mei 17 Mei 2019 30 Mei of 2 Junie 6 Junie 2020 21 of 24 Mei 28 Mei 2021 13 of 16 Mei 10 Junie2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 26 of 29 Mei 2 Junie 2023 18 of 21 Mei 25 Mei 2024 9 of 12 Mei 13 Junie 2025 29 Mei of 1 Junie 29 Mei 2026 14 of 17 Mei 21 Mei 2027 6 of 9 Mei 10 Junie 2028 25 of 28 Mei 2029 10 of 23 Mei 17 Mei 2030 30 Mei of 2 Junie 6 Junie 2031 22 of 25 Mei 2032 6 of 9 Mei 10 Junie

Sien ook Hemelvaart

Eksterne skakels

Kategorie:Christelike feeste en herdenkings