Kirgisië of Kirgistan (Kirgisies: Кыргызстан, Kırgızstan, [qɯrʁɯsˈstɑn], ; Russies: Киргизия), amptelik die Kirgiese Republiek (Kirgisies: Кыргыз Республикасы, Qırğız Respublikası; Russies: Кыргызская Республика, Kyrgyzskaja Respublika), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië. Dit grens aan Kasakstan in die noorde, Oesbekistan in die weste, Tadjikistan in die suidweste en die Volksrepubliek China in die suidooste. Kirgisië beteken die "Land van veertig stamme", waarop ook die 40 strale van die vlag van Kirgisië dui.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Kirgisië duimnael|links|Kaart van Kirgisië duimnael|links|Kirgisië se nege provinsies duimnael|links|Topografiese kaart van Kirgisië duimnael|links|Klimaatsones in Kirgisië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie Kirgisië beslaan 'n oppervlakte van 199 951 km² en het 'n bevolking van sowat 6,2 miljoen in 2024 gehad. Omtrent 76 persent van die bevolking is Moslems en sowat 73 persent is Kirgisiërs, gevolg deur sowat 15% Oesbeke en 5% Russe. Kirgisië se geografie word veral deur groot bergreekse soos Pamir en Tiensjan gekenmerk; hier vloei ook die Sirdarja. Kirgisië het tot in 1991 as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel uitgemaak van die Sowjetunie.

Kirgisië het nege provinsies (область). Die provinsies is: Bisjkek* Batken (Batken) Chui (Chui-Tokmok) Jalal-Abad (Jalal-Abad) Naryn (Naryn) Osj (Osj) Talas (Talas) Issyk-Kul (Karakol) Osj (stad)

* Bisjkek is die hoofstad van Kirgisië, maar het ook die status van 'n provinsie.

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Kirgisiese president Amptelike webwerf van die Kirgisiese regering