duimnael|links|Die Joodse Museum, soos gesien vanuit die suide, met die "Tuin van Ballingskap" in die voorgrond Die Joodse Museum in Berlyn, wat in 1999 as die grootste Joodse museum in Europa ingewy is, behandel 2 000 jaar se Duits-Joodse geskiedenis en die wisselvallige betrekkinge tussen Jode en Nie-Jode in Duitsland. Die museum huisves 'n permanente asook verskillende wisselende uitstallings, 'n omvattende argief, die Rafael Roth Learning Center en 'n aantal navorsingsinstellings. Die verskeie afdelings dokumenteer almal Joodse kultuur en Joods-Duitse geskiedenis.

Die museum-kompleks in die Berlynse stadswyk Kreuzberg behels 'n historiese gebou in die barok-styl en 'n nuwe gebou met 'n kenmerkende kronkelende vorm, wat deur die Amerikaanse argitek Daniel Libeskind ontwerp is en 'n gebarste Dawidster simboliseer.

Die museum word deur 'n federale Duitse stigting onder die leiding van W. Michael Blumenthal bestuur en was in 2012 met 720 000 besoekers een van die mees besoekte museums in Berlyn.Persmededeling van die Joodse Museum, 11 Januarie 2013. Besoek op 28 Mei 2015

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn Kategorie:Museums in Duitsland Kategorie:Judaïsme in Duitsland Kategorie:Joodse geskiedenis