duimnael|links|250px|'n Bombardier-sneeumobiel uit die jaar 1951 Valcourt is 'n dorp in die administratiewe gewes Estrie in die suide van die Kanadese provinsie Quebec, sowat 130 kilometer van Montreal af geleë, met 'n oppervlakte van 5,03 vierkante kilometer en 2 349 inwoners (2006).
Die dorp staan bekend as die Capitale mondiale de la motoneige ("Wêreldhoofstad van die sneeumobiel"), nadat die plaaslike nyweraar Joseph-Armand Bombardier (1907-1964) hier in 1942 sy eerste sneeumobiel-fabriek gestig het. Die huidige maatskappy Bombardier Recreational Products vervaardig Sea-Doo-watervoertuie en Ski-Doo-sneeumobiele in Valcourt.
Eksterne skakels Die webwerf van Bombardier Recreational Products
Kategorie:Nedersettings in Quebec