Die Olimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux olympiques d'hiver de 2030), amptelik bekend as die XXVIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 8 en 24 Februarie 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word.
Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, die Olimpiese Winterspele van 1968 in Grenoble en die Olimpiese Winterspele van 1992 in Albertville die vierde wees wat in Frankryk gehou word. In die Franse hoofstad Parys is ook die Olimpiese Somerspele van 1900, Olimpiese Somerspele van 1924 en Olimpiese Somerspele van 2024 beslis.
Die sluitingseremonie sal in die Allianz Riviera van Nice gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 19 Maart in die Franse Alpe en Nice gehou word.
Toewysing Die Franse Alpe en Nice is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2030. Die stemming is op die vooraand van die Olimpiese Somerspele 2024 gehou en soos met die Olimpiese Somerspele van 2024 en 2028 is die Olimpiese Winterspele 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Frankryk en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2030 Stad Land Stemme Franse Alpe en Nice Verkies as 2030-gasheer Salt Lake City Verkies as 2034-gasheer
Sportplekke Nice-gebied StadionSporteKapasiteitStatusAllianz RivieraSluitingsseremonie36 178KlaarPalais des Congrès AcropolisKunsskaats10 000KortbaanskaatsParcelle "SUD /Eco-quatier"Yshokkie12 000BykommendPlaine du Var7 000Palais NikaïaYsbal4 600KlaarFutur Palais des Congrès de NiceAmptelike Perssentrumn.v.t.BykommendMarché d'Intéret National FleursInternasionale UitsaaisentrumKlaar, opgeknap
Briançon-Montgenèvre-Serre Chevalier-gebied StadionSporteKapasiteitStatusSerre Chevalier, BriançonSneeuplankry (gebiede, mogole, halfbaan)3 500–5 000Klaar, opgeknapMontgenèvreSneeuplankry (big air, hellingstyl, parallelle reuseslalom)n.v.t.Sneeuplankry (kruis)n.v.t.n.v.t.Vryski (kruis)
Bozel-Courchevel-Méribel-La Plagne-gebied StadionSporteKapasiteitStatusLa PlagneBobslee15 000–16 000Klaar, opgeknapRodelSkeletonTremplin du PrazSkansspringn.v.t.KlaarNoorse kombinasieMéribelAlpeski (vroue)23 000Noorse kombinasieCourchevelAlpeski (mans)Noorse kombinasie
La Clusaz-Le Grand-Bornand-gebied StadionSporteKapasiteitStatusLa ClusazHeg-en-steg-ski12 500KlaarLe Grand-BornandTweekamp12 000–15 000
Sien ook Olimpiese Somerspele 1900 in Parys Olimpiese Winterspele 1924 in Chamonix-Mont-Blanc Olimpiese Somerspele 1924 in Parys Olimpiese Winterspele 1968 in Grenoble Olimpiese Winterspele 1992 in Albertville Olimpiese Somerspele 2024 in Parys
Verwysings
Eksterne skakels
Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Olimpiese Spele in Frankryk 2030 Kategorie:Sport in 2030 Kategorie:Sport in Frankryk