Die Stompkopkewer (Euwallacea fornicatus) is 'n uitheemse kewer wat as 'n plaag in Suid-Afrika verklaar is. Die kewer is slegs 2 mm lank en het die vermoë om die bome van Suid-Afrika te vernietig. Die kewer is in 2017 die eerste keer in Pietermaritzburg se botaniese tuin opgemerk. Die spesie kom natuurlik voor in Suidoos-Asië. Die kewer is ook 'n plaag in Kalifornië en Israel.

Inheemse bome wat aangeval word is: Bosvaderlandswilg Kuskoraalboom Waterkeurtjie Fonteinbosboom Kaapse wilgerboom

Bron https://www.netwerk24.com/landbou/Nuus/stompkopkewer-saai-verwoesting-20180709

Kategorie:Kewers