Dolly (5 Julie 1996 – 14 Februarie 2003) was die eerste gekloonde skaap, en die eerste soogdier gekloon van 'n volwasse somatiese sel, met behulp van die proses van kernoordrag.

Genesis Dolly was gekloon deur Keith Campbell, Ian Wilmut en kollegas by die Roslin Instituut in Skotland. Sy was gebore op 5 Julie 1996 en het gesterf aan 'n longsiekte vyf maande voor haar sewende verjaarsdag (die siekte was nie verwant aan 'n kloon wees nie)."Dolly the sheep clone dies young". BBC News. 14 Februarie 2003 Volgens die BBC is sy die wêreld se bekendste skaap.

Die sel wat gebruik word as die skenker vir die kloning van Dolly, is van 'n melkklier geneem, en die produksie van 'n gesonde kloon het dus bewys dat 'n sel wat uit 'n spesifieke deel van die liggaam geneem is, 'n hele individu kan herskep. Op Dolly se naam het Wilmut gesê: "Dolly is afgelei van 'n melkklier sel en ons kon nie van 'n meer indrukwekkende paar kliere dink as Dolly Parton sin nie".

Geboorte Dolly is gebore op 5 Julie 1996 en het drie moeders gehad: een wat die eier voorsien het, een wat die DNS voorsien het, en 'n derde een het die gekloonde embrio gedra.

Sy is geskep deur 'n tegniek van somatiese selkernoordrag, waar die selkern van 'n volwasse sel oorgedra word na 'n onbevrugte, ontwikkelende eiersel wat sy selkern verwyder het. Die hibriedsel word dan gestimuleer om deur 'n elektriese skok te verdeel, en wanneer dit in 'n blastosist ontwikkel, word dit in 'n surrogaatmoeder ingeplant. Dolly was die eerste kloon met 'n sel vanaf 'n volwasse soogdier.

Lewe duimnael|regs|250px|Die kloon proses wat Dolly gemaak het Dolly het haar hele lewe gewoon by die Roslin Instituut in Midlothian. Daar is sy geteel met 'n Walliese bergram en het altesaam ses lammers geproduseer. Haar eerste lam, genaamd Bonnie, is in April 1998 gebore. Die volgende jaar het Dolly 'n tweeling geproduseer Sally en Rosie, en in 2000 het sy 'n drieling gehad Lucy, Darcy en Cotton.Dolly's family. Roslin Institute, UK In laat 2001, op die ouderdom van vier het Dolly artritis ontwikkel en begin styf loop. Sy was behandel met anti-inflammatoriese middels.Dolly's arthritis. Roslin Institute, Accessed 21 Februarie 2008

Sterfte Op 14 Februarie 2003 het Dolly gesterf na 'n genadedood weens haar longsiekte en erge artitis.Dolly's final illness Roslin Institute, Accessed 21 Februarie 2008 Cached version 'n Skaap soos Dolly het 'n lewensverwagring van tussen 11 en 12 jaar, maar Dolly het net 6.5 jaar gelewe. 'n Nadoodse ondersoek het gewys sy het longkanker gehad,Bridget M. Kuehn Goodbye, Dolly; first cloned sheep dies at six years old American Veterinary Medical Association, 15 April 2003 'n algemene siekte onder skape. Roslin wetenskaplikes dink nie die siekte is verwant aan 'n kloon wees nie, want ander skape het ook doodgegaan van dieselfde siekte. Sulke longsiektes is veral gevaarlik tussen skaap wat binnehuis slaap, en Dolly moes binne slaap vir sekuriteits-redes.

Verwysings

Eksterne skakels

Dolly the Sheep on display Die rerige Dolly in Edinburgh Cloning Dolly the Sheep Dolly die skaap en die erns van dierenavorsing

Kategorie:Soogdiere