Die Craigieburndam in die Mnyamvuburivier, 'n sytak van die Mooirivier, in KwaZulu-Natal se water word gebruik vir besproeiing en huishoudelike doeleindes.
Die dam lê net noordwes van Mount Alida, 32 km oos van Mooirivier op die R622-streeksroete na Greytown. Dit is by die koördinate 29° 10′ 17.9″ suid en 30° 17′ 34.2″ oos en is 1 300 m bo seespieël.
Die wal is gebou in 1963. Dit is 262 m lank, 39,9 m hoog en het 'n volume van 23 miljoen m³. As dit vol is, beslaan die dam 207,3 ha.
In die dam word baars gevang en daar rondom is 'n natuurreservaat.
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal