Histories in wat vandag as Suid-Afrika bekendstaan, was tradisionele medisyne en geneespraktyke die oorheersende mediese stelsel vir mense, maar die koms van die Europeërs was 'n merkbare keerpunt in die geskiedenis van hierdie tradisie en kultuur.Abdullahi, AA (2011). "Trends and Challenges of Traditional Medicine in Africa". African Journal of Traditional, Complementary and Alternative Medicines (in Engels). 8 (5S): 115–23. doi:10.4314/ajtcam.v8i5S.5. ISSN 0189-6016. PMC 3252714. . Tradisionele of volksgeneeskunde sluit enige middel of behandeling wat gebruik is om siekte te genees of te verhoed. Dit word as gevolg van oorleweringspraktyke of - tradisie toegepas en van geslag na geslag oorgedra. Die leek wat dit toepas, handel ter goeder trou, met 'n vaste geloof dat dit die gewenste uitwerking sal hê. Die moderne mediese wetenskap daarenteen, berus op geneespraktyke of geneesmiddels wat sistematies getoets word.
As deel van die mens se stryd om oorlewing, om siektes en beserings die hoof te bied, het die mens gebaseer op oergelowe en die praktiese ervaring met die aanwending van natuurmiddels, tot by die ontwikkeling van die moderne mediese wetenskap. Suid-Afrika het hom as gevolg van sy uitgestrektheid uitstekend daartoe geleen dat 'n uitgebreide volksgeneeskunde beide binne die inheemse bevolking en die latere immigrante te ontwikkel.
Voor die koloniale tydperk Tradisionele Afrika-medisyne was in algemene gebruik voor die aanbreek van die koloniale tydperk. Dié medisyne verteenwoordig 'n verskeidenheid tradisies van tradisionele medisyne wat inheemse kruie en Afrika-spiritualiteit behels, insluitend waarsêers, vroedvroue en kruiedokters. Praktisyns van tradisionele Afrika-medisyne beweer dat hulle verskillende toestande kan genees, insluitend kanker, psigiatriese afwykings, hoë bloeddruk, cholera, die meeste geslagsiektes, epilepsie, asma, ekseem, koors, angs, depressie, prostaat hiperplasie, urienweg infeksies, jig en genesing van wonde en brandwonde en selfs Ebola. Helwig, David (2005). "Traditional African medicine". Gale Encyclopedia of Alternative Medicine. Besoek op 4 Junie 2020. "A folk remedy for killer Ebola". 27 September 1999. Geargiveer van die oorspronklike op 2 Desember 2013. Besoek op 22 Mei 2020.
Diagnose word op spirituele wyse bereik en 'n behandeling word voorgeskryf, gewoonlik uit 'n kruiemiddel wat nie net genesende vermoëns het nie, maar ook simboliese en geestelike betekenis. Tradisionele Afrikaanse medisyne, met die oortuiging dat siekte nie afkomstig is van toeval nie, maar deur geestelike of sosiale wanbalans.
Hospitale om siekes te versorg na die koms van die Europeërs Alhoewel koloniale uitbreiding aan die suidpunt van Afrika nie die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie se oogmerk was nie, het dit baie gou geblyk dat in sekere basiese geriewe voorsien sou moes word. Stelselmatig is die noodsaaklikste huise gebou en mettertyd ook kerke, skole en ander geboue opgerig. As verversingstasie moes die Kaap water en vars groente en vrugte aan die verbyvarende skepe voorsien; siekes is aan land gebring om aan te sterk of siek persone is op die skepe gedokter. Een van die noodsaaklikste geboue was ʼn hospitaal.
Jan van Riebeeck het self opleiding as chirurgyn gehad, maar dit nooit aktief aan die Kaap beoefen nie. Chirurgyns is opgelei in 'n paar basiese mediese take soos bloedlating, fakture spalk, tande trek, wonde verbind en sekere salwe en poeiers meng. Aangesien hulle besoldiging baie laag was, het hulle ook as barbiere gewerk. duimnael|Fort De Goede Hoop Die eerste vier jaar na die volksplanting, is 'n gedeelte van Fort de Goede Hoop as hospitaal gebruik. In 1656 is 'n houtstruktuur opgerig, maar daar is nie met die onstuimige weer van die Kaap rekening gehou nie en binne tien maande na die oprigting het dit omgewaai. Eers in 1664 sou die hospitaal weer herbou word.
Nadat die Kasteel die Goeie Hoop gebou is, is 'n nuwe en groter hospitaal in 1676 opgerig. Die ligging was swak aangesien die slawe snags die vullisemmers daar leeggemaak het. Verder was dit gedurende die winter aan noordooste winde blootgestel en gedurende die somer moes die stank van verrotte seegras verduur word. links|duimnael|194x194px|Simon van der Stel Terwyl Simon van der Stel goewerneur aan die Kaap was, is 'n groter hospitaal aan die voet van die Kompanjiestuin opgerig. Daar is met die bouwerk gesloer en die hospitaal sou eers in 1699 voltooi word. Dit kon sowat 700 pasiënte huisves. Die eerste hospitaalregulasies is in 1697 deur middel van resolusies aan die Kaap uitgevaardig.
In 1772 het goewerneur Joachim van Plettenberg die hoeksteen van 'n nuwe hospitaal gelê. Bouwerk het egter nie gevorder nie en na 20 jaar was dit nog onvoltooid. Regimente is daarin gehuisves en dit het die naam De Kaserne gekry. Met die eerste oorname van die Kaap deur Brittanje in 1797, was die gebou steeds nie klaar nie.
Teen daardie tyd het die veeboere reeds dieper die binneland in getrek, op soek na beter weiding. 'n Hospitaal het in 1774 reeds by Roody en Tulbagh gestaan. 'n Distriksgeneesheer was in 1786 in die distrik Graaff-Reinet werksaam.
Algemene siektetoestande Behoorlike higiëne is nie toegepas nie, kwarantynregulasies het aanvanklik nie gedurende epidemies gegeld nie en baie aansteeklike siektes soos pokke, cholera, tifuskoors en dies meer is van oorsee deur die verbyvarende skepe aan die Kaap versprei. duimnael|Voorstelling van 18de-eeuse bloedlating Skeurbuik was volop onder die matrose as gevolg van gebrekkige voedsel en 'n gebrek aan vitamien C. Die drie maande aan boord van klein skepies van Holland na die Kaap en drie maande van die Kaap na Batavia, was geensins bevorderlik vir die gesondheid nie. Soms het tot 'n derde van die bemanning op see gesterf. Aan die Kaap is nagblindheid deur 'n vitamien A-tekort veroorsaak en die gebrekkige dieet het heelwat disenterie onder die koloniste veroorsaak. Sterftes is ook veroorsaak deur geweld, aanvalle deur wilde diere, verdrinking en alkoholisme. Aansteeklike siektes soos tifuskoors, cholera, pokke, maagkoors en pes het voorgekom. Ander algemene siektes was frakture en wonde, tuberkulose en ander longinfeksies, tetanus, angina, geelsug, ooginfeksies en veneriese siektes. Kroniese siektes soos jig en rumatiek was volop.
Gedurende die 17de en 18de eeu is algemeen geglo dat siektes veroorsaak is deur die aanwesigheid van gifstowwe in die liggaam. Een manier om van die gifstowwe ontslae te raak, was om bloed te laat. 'n Aar is in die lengte oopgesny, sodat bloeding kon plaasvind. Dit is baie gereeld in koors- en inflammasietoestande toegepas. By hierdie manier van bloedlating is 'n spesiale glas oor die gesnyde aar geplaas en die vakuum wat ontstaan het, het die bloed vinniger uitgesuig. Bloedsuiers is ook op pasiënte geplaas. Daarmee saam is 'n purgasie of braakmiddel toegedien. Klismas is as 'n verdere behandeling toegedien. Die vroeë geneeshere het kennis gehad van baie poeiers, druppels, pleisters en dies meer. Hulle kon wonde goed behandel en amputasies is dikwels gedoen.
Pokke was 'n dodelike siekte gedurende daardie twee eeue. Aan die Kaap het die eerste gevalle voorgekom nadat slawe in 1713 klere van besmette matrose gewas het. Die epidemie het vinnig versprei en talle sterfgevalle het daagliks voorgekom. Die Khoi, wat geen immuniteit teen die siekte gehad het nie, het by die honderde gesterf en daar is bepaal dat ongeveer 'n kwart van die bevolking aan die Kaap aan pokke oorlede is. In 1755 het 'n tweede pokke-epidemie die Kaap met noodlottige gevolge getref. Twaalf jaar later, in 1767, was daar 'n derde epidemie, maar nie so ernstig nie, aangesien goewerneur Ryk Tulbagh goeie voorsorgmaatreëls teen die siekte getref het. Kwarantyn is met wetgewing afgedwing en besmette klere is verbrand. 'n Vroeë vorm van inenting is ook gedoen.
Baie koloniste het aan jig gely, want hulle dieet en leefwyse was nie juis bevorderlik vir hul gesondheid nie. Groot hoeveelhede wyn en brandewyn is gedrink en koffie en pyp rook was deel van die man se bestaan. Rooivleis is in groot hoeveelhede verbruik en veral die mans was nie baie aktief nie, aangesien die slawe die meeste van die werk gedoen het. Dr. Häszner het in die 18de eeu behandeling vir jig in sy boek Huiselijk geneeskundig handboek voor de ingesetenen van Nederlands Afrika voorgeskryf. Daarin beveel hy 'n aktiewe lewe aan, baie matige eet- en drinkgewoontes en harthoringsout (ammoniumbikarbonaat) in water of vlierboom-tee kon gedrink word. 'n Aangetaste voet kon in 'n vars geslagte skaap of bok se pens gehou word. Häszner het die handboek geskryf nadat hy in 1791 dr. C.P. Zastron as distriksgeneesheer van Graaff-Reinet opgevolg het. links|duimnael|277x277px|Voorbereiding vir amputasie Beserings en wonde het dikwels voorgekom en boegoeasyn is daarvoor, sowel as vir verstuitings gebruik. Pleisters is van verskillende bestanddele gemaak en op sere geplaas. Die San se gifpyle het lewens geëis, waens het dikwels omgeval en beserings veroorsaak en wilde diere, slange en skerpioene het hulle deel bygedra om siektetoestande te veroorsaak. Ledemate moes dikwels as laaste of enigste uitweg geamputeer word.
Ooginfeksies was veral gedurende die somermaande volop en is vermoedelik deur miljoene vlieë aan die Kaap versprei. Oogwater of oogsalf as behandeling was nie baie suksesvol nie. Die oogwater het egter sinksulfaat bevat, wat vandag nog vir die behandeling van konjunktivitis aangewend word. Behandeling met menslike urine was geslagte reeds in Europa bekend en dus ook aan die Kaap gebruik.
Masels het dikwels voorgekom en epidemies in 1738, 1771 en 1789 is beskryf. In sy handboek het dr. Häszner 'n braak- of purgeermiddel vir maselspasiënte voorgeskryf. Bokmis is soos tee op water getrek en moes gedrink word, sodat die masels behoorlik kon uitslaan. Volwassenes en kinders is deur hierdie siekte aangetas.
Aan die Kaap het die vroedvrou 'n belangrike gemeenskapsrol vervul. Wanneer 'n vroedvrou nie beskikbaar was nie, het die vrouens mekaar onderling gehelp. Almal was nie ewe ervare nie en dr. Häszner het party "moordenaars van geheele geslachten" genoem. Kraambedsterftes het dikwels voorgekom en kindersterftes was baie hoog. Abraham van Riebeeck, seun van Jan van Riebeeck, het sewe van sy nege kinders jonk verloor. Teen die einde van die 17de eeu is vrouens aangestel om verpleegkundige dienste te verrig.
Geneeshere en chirurgyns Gedurende die eerste twee eeue aan die Kaap, was daar 'n hele aantal geneeshere en chirurgyns. Jan Vetteman was die eerste geneesheer wat 'n privaatpraktyk begin het. Melding is ook reeds van dr. Johan Friederick Häszner, 'n Duitse geneesheer, gemaak. Sy vernaamste bydrae was seker die mediese handboek wat hy in 1793 geskryf het. Die 40 hoofstukke handel oor die algemeenste siektes wat aan die Kaap voorgekom het, asook praktiese inligting oor bloedlaat, klisma en die gebruik van veldplante en kruie. Ongelukkig is die boek nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip word in die Kaapse Argief bewaar.
Aan die einde van die 18de eeu het die garnisoenregimente hulle eie geneeshere Kaap toe gebring. Onder hulle was drr. Liesching, Wehr en Biccard. Dr. Liesching was ook die persoon wat 'n botaniese tuin vir die kweek van medisinale kruie aangelê het. Hy sou later die eerste president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging word.
Die eerste vroulike geneesheer aan die Kaap was Maria Buisset, vrou van die Hugenotegeneesheer, Jean Prieur du Plessis. Ná sy dood is sy met die chirurgyn, Dietrich Schnitt (Dirk Snit) getroud. In 1721 het die Raad van Justisie 'n verslag van 'n nadoodse ondersoek wat sy op 'n slaaf uitgevoer het, aanvaar. Na die dood van haar tweede man het sy as vroedvrou en geneesheer gewerk, nadat sy deur twee senior chirurgyns van die Kompanjie geëksamineer is.