Die water in die Hazelmere-dam in die Mdlotirivier in KwaZulu-Natal word benut vir besproeiing en huishoudelike gebruik.

Die damwal lê 4½ km van Verulam, 15 km van die koning Shaka Internasionale Lughawe by La Mercy en by die koördinate 29° 35′ 21″ suid en 31° 1′ 46.3″ oos.

Die wal is in 1977 gebou met 'n bakmaat van ruim 18 miljoen m³. In 2017 is die wal met 7 m verhoog en is die volume tans 37 miljoen m³. Die opvanggebied beslaan 376 km². Die dam leen hom tot watersport en visvang en die terrein daar rondom is die tuiste van voëls, sebras en wildsbokke. Daar is ook 'n kampeerterrein.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal