Vir ander riviere in Suid-Afrika genaamd "Olifantsrivier", sien die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier.
Die Olifantsrivier is 'n hooftakrivier van die Limpoporivier wat in die Mpumalanga- en Limpopoprovinsies, asook vir sy laaste deel in Mosambiek vloei.
Ontstaan en roete Die rivier ontspring tussen die dorpe Breyten en Bethal in MpumalangaMajor rivers and streams within the Limpopo River Basin by . Dit vloei deur die Witbankdam en Loskopdam, sny oos deur die Transvaalse Drakensberg by die Abel Erasmuspas, vloei verder noordoos deur die laeveld in die Limpopoprovinsie en deur die Krugerwildtuin waar die Letabarivier daarmee saamvloei. By die Lebomboberge sny die rivier deur die Olifantsravyn, waar die Banguravyn ook uit die suide aansluit, en steek dan die landsgrens oor na Gaza-provinsie, Mosambiek, waarna dit Rio dos Elefantes heet.
Hierna vloei dit deur die Massingirdam, en later sluit die Shingwedzirivier by die Olifants aan. Ongeveer 40 km van die Mosambiekse grens, sluit dit by die Limpoporivier aan (by ), voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noord van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond. Die opvanggebied van die Olifants word op 68 450 km2 bereken.http://www.fao.org/3/y5744e/y5744e07.htm
Oorbeweiding in middeldele van die rivier het deur die jare erge gronderosie in die riviervallei veroorsaak, veral na harde reënbuie. Die Olifants is een van die ergs-besoedelde riviere in Suider-Afrika,Contaminated Olifants River Running Out of Time en honderde damme in die opvanggebied het ook die natuurlike vislewe benadeel.
Sytakke Hoofsytakke LetabarivierLuvuvu Lethaba WMA 2 Steelpoortrivier Shingwedzirivier (sluit by die Olifants aan 12 km stroomaf van die Massingirdam)Shingwedzi River why is it the most polluted river in the KNP?
Kleiner sytakke
Die sytakke in die Krugerwildtuin is die Tsutsi, Nhlaralumi, Shisakashanghondo, Timbavati- en die Banguriviere.
Die geskiedkundige gebied van die Pedi-bevolking, Sekhukhuneland, is geleë tussen die Olifantsrivier en sy groot sytak, die Steelpoortrivier.
Damme Sommige van die dertig groot damme in die Olifantsrivierbekken is:
In Suid-Afrika Witbankdam Rhenosterkopdam, in die Elandsrivier Rust de Winterdam Blyderivierspoortdam Loskopdam Middelburgdam in die Klein Olifantsrivier Ohrigstaddam Flag Boshielodam (voorheen die Arabiedam) Phalaborwa keerwal
In Mosambiek Massingirdam
Verwysings
Eksterne skakels
The Olifants River Basin, South Africa
Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Riviere in Mosambiek Kategorie:Riviere in Mpumalanga