duimnael|regs| Die Karl Liebknecht-stadion, Potsdam

SV Babelsberg 03 is 'n Duitse sokkerklub uit Potsdam in die deelstaat Brandenburg aan die buitewyke van Berlyn. Babelsberg is 'n stadswyk van Potsdam.

Gekiedenis Op 1 Oktober 1903 is die Sport-Club Jugendkraft 1903 deur 'n paar jeugdiges uit die dorp Nowawes gestig. Twee jaar later is Fußball-Club Fortuna 05 opgerig. In 1919 smelt die twee klubs saam tot SV Nowawes 03. In die 1930’s het die klub die Gauliga gehaal. In 1938 is Nowawes ingelyf by die stad Babelsberg en so verander die klubnaam in SV Babelsberg 03. Sewentien maande later het Babelsberg sy stadsregte verloor en 'n wyk van Potsdam geword. Die klub het met Sportfreunde Potsdam saamgesmelt en die Sportvereinigung Potsdam 03 geword.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig as SG Babelsberg en in 1949 het die span aan die eerste DDR-Oberliga-seisoen deelgeneem. In 1949 het die klub met Märkische Volksstimme saamgesmelt en BSG Märkische Volksstimme Babelsberg geword, wat na een seisoen in tipies Oos-Duitse styl verander is na Rotation Babelsberg.

In die 1950/51-seisoen het Hans Schöne die topdoelskieter in die DDR-Oberliga geword met 38 doele, 'n rekord wat nooit verbeter is nie.

In 1961 het die owerhede 'n nuwe klub in Potsdam opgerig (SC Potsdam) en al die goeie spelers van Babelsberg is deur die owerhede verplig om by die nuwe klub aan te sluit. Die klub het selfs Babelsberg se posisie in die tweede liga ingeneem, terwyl Babelsberg weer onder moes begin. Vier jaar later het die klub egter opgehou bestaan en Babelsberg, intussen herdoop na BSG Motor Babelsberg, kon weer sy plek in die liga inneem.

Na die Duitse hereniging het die klub sy ou naam, SV Babelsberg 03, teruggekry en was sy beste prestasie om een seisoen in die 2. Bundesliga deur te bring.

Onlangse ligaposisionering 1971-72 (II) DDR-Liga, Stapel B 10de 1972-73 (III) Bezirksliga Potsdam 1ste 1973-74 (II) DDR-Liga, Stapel B 9de 1974-75 (II) DDR-Liga, Stapel B 9de 1975-76 (II) DDR-Liga, Stapel B 9de 1976-77 (II) DDR-Liga, Stapel B 5de 1977-78 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1978-79 (II) DDR-Liga, Stapel B 7de 1979-80 (II) DDR-Liga, Stapel B 10de 1980-81 (III) Bezirksliga Potsdam-Suid 1ste 1981-82 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1982-83 (II) DDR-Liga, Stapel B 7de 1983-84 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1984-85 (II) DDR-Liga, Stapel A 3de 1985-86 (II) DDR-Liga, Stapel A 8ste 1986-87 (II) DDR-Liga, Stapel A 8ste 1987-88 (II) DDR-Liga, Stapel A 11de 1988-89 (II) DDR-Liga, Stapel A 17de 1993-94 (IV) Verbandsliga Brandenburg 2de 1994-95 (V) Verbandsliga Brandenburg 2de 1995-96 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste 1996-97 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 1ste 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 14de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 15de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 5de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 2de 2001-02 (II) 2.Bundesliga 18de 2002-03 (III) Regionalliga Noord 16de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 2de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 3de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 3de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 1ste 2007-08 (III) Regionalliga Noord 15de 2008-09 (IV) Regionalliga Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken

Babelsberg Kategorie:Potsdam