Douglas is 'n dorp in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika sowat 15 km noordoos van die samevloeïng van die Oranjerivier en die Vaalrivier, 117 km wes-suidwes van Kimberley en 162 km noordoos van Prieska.

Geskiedenis Die dorp is in 1848 as 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap op die plaas Backhouse deur die predikant Isaac Hughes gestig. In 1867 het 'n groep Europeërs van Griekwastad 'n ooreenkoms geteken waarvolgens hulle die reg verkry het om 'n dorp te stig.Interesting Places Around Kimberley, Besoek op 10 April 2007 Die dorp is na sir Percy Douglas, luitenant-generaal van die Kaapkolonie, genoem. Die dorp verkry in 1914 munisipale status.

Ekonomie Douglas staan bekend vir wild-, bees-, skaap- en besproeiingsboerdery. Toerismeaantreklikhede in en om die dorp sluit in Backhouse, moontlik die grootste Brahmanbeesplaas in Suid-Afrika, Die Neus, 'n natuurgebied 14 km buite die dorp by die samevloei van die Oranje- en Vaalriviere, Douglas Wynkelder wat in 1968 gevestig is en 'n verskeidenheid tafel- en dessertwyne produseer en Driekopseiland met sowat 3 000 rotstekeninge in die Rietrivierbedding. Die Oranjerivier bied ook goeie riviervlotry-geleenthede en die Vaalrivier varswaterhengel.

Persone gebore in Douglas Ingrid Jonker - Skryfster Hannes Nienaber, joernalis

Sien ook Gereformeerde kerk Douglas Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Douglas

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap