FC Sachsen Leipzig is 'n Duitse sokkerklub uit Leipzig in die deelstaat Sakse.
Geskiedenis In 1899 is Britannia Leipzig gestig, wat in 1919 met FC Hertha 05 Leipzig saamgesmelt en so Leipziger Sportverein 1899 geword het. In 1938 word daar weer met SV Tura Leipzig saamgesmelt en Tura 1899 Leipzig ontstaan uit die fusie.
Tura het tussen 1938 en 1942 in die Gauliga meegeding. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub met SpVgg Leipzig saamgesmelt en KSG Tura/SpVgg Leipzig gevorm.
Na die oorlog is alle klubs in Duitsland ontbind en baie is later weer heropgerig. SG Leipzig-Leutsch was die afstammeling van Tura. In 1949 het die klub met SG Lindenau-Aue, SG Leipzig-Mitte en SG Böhlitz-Ehrenberg saamgesmelt om ZSG Industrie Leipzig te vorm. Een jaar later verander die klub van naam en word BSG Chemie Leipzig.
In die eerste seisoen van die DDR-Oberliga het die klub 8ste geëindig, maar die volgende seisoen het die klub gesamentlik eerste met Turbine Erfurt geëindig. Erfurt het 'n beter doelverskil gehad, maar doelverskil was toe nog nie in berekening gebring nie en 'n eindstryd om die titel is gereël. Chemie Leipzig het die wedstryd met 2-0 gewen en die kampioen geword.
In die 1963/64-seisoen het die owerhede besluit dat SC Leipzig (die vroeëre VfB Leipzig) die sterkste span van Leipzig moes word en al die goeie spelers van BSG Chemie is oorgeplaas na die klub met die res wat by Chemie agtergebly het. Die klub sorg egter vir 'n reuse-verrassing deur daardie seisoen die DDR-Oberliga te wen! Twee jaar later is ook die Oos-Duitse beker gewen. In die laaste seisoen van die DDR-Oberliga het die klub met BSG Chemie Böhlen saamgesmelt en die laaste seisoen van die Oos-Duitse liga onder 'n nuwe naam, FC Sachsen Leipzig, gespeel.
Die klub se tuisveld is die Zentralstadion in Leipzig, wat herbou is vir die Sokker-wêreldbeker 2006. Voorheen was die klub se tuisveld die Alfred-Kunze-stadion in Leipzig.
Erelys Kampioen van Oos-Duitsland 1951, 1964 FDGB-Pokal 1966
Onlangse ligaposisionering 1963–1964 (I) DDR-Oberliga 1ste 1964–1965 (I) DDR-Oberliga 3de 1965–1966 (I) DDR-Oberliga 8ste 1966–1967 (I) DDR-Oberliga 12de 1967–1968 (I) DDR-Oberliga 12de 1968–1969 (I) DDR-Oberliga 6de 1969–1970 (I) DDR-Oberliga 4de 1970–1971 (I) DDR-Oberliga 17de 1971–1972 (II) DDR-Liga 1ste 1972–1973 (I) DDR-Oberliga 9de 1973–1974 (I) DDR-Oberliga 13de 1974–1975 (II) DDR-Liga 1ste 1975–1976 (I) DDR-Oberliga 13de 1976–1977 (II) DDR-Liga 1ste 1977–1978 (II) DDR-Liga 1ste 1978–1979 (II) DDR-Liga 1ste 1979–1980 (I) DDR-Oberliga 14de 1980–1981 (II) DDR-Liga 3de 1981–1982 (II) DDR-Liga 4de 1982–1983 (II) DDR-Liga 1ste 1983–1984 (I) DDR-Oberliga 12de 1984–1985 (I) DDR-Oberliga 13de 1985–1986 (II) DDR-Liga 3de 1986–1987 (II) DDR-Liga 10de 1987–1988 (II) DDR-Liga 6de 1988–1989 (II) DDR-Liga 6de 1989–1990 (II) DDR-Liga 2de 1990–1991 (I) NOFV Oberliga 12de 1991–1992 (III) Am.Oberliga Noordoos-Suid 5de 1992–1993 (III) Am.Oberliga Noordoos-Suid 1ste 1993–1994 (III) Am.Oberliga Noordoos-Suid 4de 1994–1995 (III) Regionalliga Noordoos 2de 1995–1996 (III) Regionalliga Noordoos 6de 1996–1997 (III) Regionalliga Noordoos 9de 1997–1998 (III) Regionalliga Noordoos 4de 1998–1999 (III) Regionalliga Noordoos 14de 1999–2000 (III) Regionalliga Noordoos 6de 2000–2001 (III) Regionalliga Noord 14de 2001–2002 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 5de 2002–2003 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 1ste 2003–2004 (III) Regionalliga Noord 17de 2004–2005 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 3de 2005–2006 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 3de 2006–2007 (IV) Oberliga Noordoos/Suid
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoenVfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II | FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck | VfB 1906 Sangerhausen | FSV Zwickau
Leipzig Kategorie:Leipzig