duimnael|Lugfoto van die Rudolf-Harbig Stadion, Dresden

SG Dynamo Dresden is ’n Duitse sokkerklub uit die stad Dresden.

Geskiedenis In 1950 het die Sowjet-owerhede Dresden se gewildste klub, SG Friedrichstadt, ontbind vir ideologiese redes. Na die nasionale eindstryd teen ZSG Horch Zwickau in ’n wedstryd wat deur die regering gemanipuleer is, is die klub opgebreek en die spelers uitgeplaas na ander stede. Heelwat het na die Weste gevlug. Wat oorgebly het van die oorspronklike klub is by die werkersklub VVB Tabak Dresden ingelyf.

Intussen is ’n ideologies “veilige” klub, BSG Deutsche Volkspolizei Dresden, opgerig in Oktober 1948 en bevorder as ’n plaasvervanger vir SG Friedrichstadt. In Julie 1950 is sewentien spelers van ander polisieklubs na Dresden oorgeplaas om die klub meer kompeterend te maak. Die nuwe klub was vinnig suksesvol en in die afwesigheid van SG Friedrichstadt het die klub begin ondersteuners wen, veral toe ’n nuwe stadion vir die klub gebou is. In 1952 het die klub die FDGB Pokal (DDR-beker) gewen en ook vir die eerste keer spelers vir die nasionale span gelewer. Die klub het sy naam op 12 April 1953 verander na SG Dynamo Dresden en sy kleure verander van groen en wit na rooi en wit.

Erich Mielke, hoof van die Oos-Duitse geheime polisie, beter bekend as die Stasi, was ongelukkig dat Dresden verskeie spanne in die nasionale liga gehad het terwyl Berlyn nie een gehad het nie. In 1954 is Dynamo Dresden sak en pak oorgeplaas na Berlyn en heropgerig as Berliner FC Dynamo. Wat oorgebly het van die span (reserwes en jonger spelers) was op die ou end ’n tweedeligaspan wat na die volgende seisoen na die derde vlak gerelegeer is. Die klub was egter terug in die DDR Oberliga (eerste vlak) in 1962.

In 1966 is Dresden aangewys as een van 11 Oos-Duitse “fokus”-klubs waarheen van die land se beste talent oorgeplaas is om spelers vir die nasionale span te ontwikkel. Teen 1970 was die klub een van die sterkstes in die DDR Oberliga en het onder die afrigter Walter Fritzsch die liga vyf keer gewen (en twee keer die Oos-Duitse beker) in die ag jaar tussen 1971 en 1978 . Dresden was ook teen hierdie tyd loshande die gewildste klub in die land wat die grootste skares getrek het.

Inmenging deur die Stasi Hierdie toedrag van sake het nie Mielke en die Stasi aangestaan nie en vir die volgende tien jaar het hulle ingemeng in Oos-Duitse sokker: skeidsregters is aangesê om Mielke se gunstelingspan, Berliner FC Dynamo, te bevoordeel en die beste spelers is eenvoudig na die span toe oorgeplaas uit alle dele van die land. Berliner FC Dynamo wen gevolglik 10 titels agtereenvolgens tussen 1979 en 1988. Dynamo Dresden het ses keer gedurende hierdie tydperk tweede geëindig. Nadat die Stasi se houvas op die nasionale sokkerkompetisies beëindig is, het Dynamo Dresden die Oos-Duitse kampioen geword 1989 en 1990 en die uitklopbeker gewen in 1990.

Duitse eenwording Na die eenwording van Duitsland het die span direk tot die Bundesliga toegetree en 4 jaar daar gebly voor relegasie. Na die 4de seisoen het die span laaste geëindig, maar kon weens finansiële probleme nie ’n lisensie vir die 2. Bundesliga bekom nie. Die klub is dus direk na die Regionalliga gerelegeer.

Erelys Oos-Duitse kampioen: 1953, 1971, 1973, 1976, 1977, 1978, 1989, 1990 FDGB-Pokal: 1952, 1971, 1977, 1982, 1984, 1985, 1990 UEFA-beker Halfeindstryd 1989

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR-Oberliga 5de 1966-67 (I) DDR-Oberliga 4de 1967-68 (I) DDR-Oberliga 13de 1968-69 (II) DDR-Liga, St. Suid 1ste 1969-70 (I) DDR-Oberliga 3de 1970-71 (I) DDR-Oberliga 1ste 1971-72 (I) DDR-Oberliga 3de 1972-73 (I) DDR-Oberliga 1ste 1973-74 (I) DDR-Oberliga 3de 1974-75 (I) DDR-Oberliga 3de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 1ste 1976-77 (I) DDR-Oberliga 1ste 1977-78 (I) DDR-Oberliga 1ste 1978-79 (I) DDR-Oberliga 2de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 2de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 4de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 2de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 7de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 2de 1984-85 (I) DDR-Oberliga 2de 1985-86 (I) DDR-Oberliga 6de 1986-87 (I) DDR-Oberliga 2de 1987-88 (I) DDR-Oberliga 3de 1988-89 (I) DDR-Oberliga 1ste 1989-90 (I) DDR-Oberliga 1ste 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 2de 1991-92 (I) Bundesliga 14de 1992-93 (I) Bundesliga 15de 1993-94 (I) Bundesliga 13de 1994-95 (I) Bundesliga 18de : - lisensie geweier 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 4de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 7de 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 2de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 11de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 8ste 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos, Suid 5de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos, Suid 1ste 2002-03 (III) Regionalliga Noord 7de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 2de 2004-05 (II) 2. Bundesliga 8ste 2005-06 (II) 2. Bundesliga 15de 2006-07 (III) Regionalliga Noord 7de 2007-08 (III) Regionalliga Noord 8ste 2008-09 (III) 3. Liga 9de 2009-10 (III) 3. Liga

Eksterne skakels

Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer Song

3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken

Kategorie:Dresden Kategorie:Duitse sokkerklubs