FC Ingolstadt 04 is 'n Duitse sokkerklub uit Ingolstadt in Beiere. Die klub het in 2004 ontstaan na 'n samesmelting tussen ESV Ingolstadt en MTV Ingolstadt.

ESV Ingolstadt FC Viktoria Ingolstadt is in 1919 gestig en 2 jaar later herdoop na VfR Ingolstadt. In 1925 smelt die klub saam met Turnverein 1861 Ingolstadt en word so VfB Ingolstadt-Ringsee. Van 1936 tot 1938 speel die klub in die hoogste klas, die Gauliga. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 26 Desember 1946 heropgerig as VfL Ingolstadt-Ringsee en verander in 1951 sy naam in Erster SV Ingolstadt-Ringsee. In 1953 verander die klub sy naam vir die laaste keer en word Eisenbahner -Sportverein Ingolstadt-Ringsee e.V., kortweg ESV Ingolstadt. In 1979 promoveer die klub na die 2. Bundesliga, toevallig een van die twee seisoene wat die klub se stadsgenoot MTV Ingolstadt ook in die 2. Bundesliga was. Die klub is in 2004 bankrot verklaar en die sokkerspelers van die span en die sokkerspelers van MTV Ingolstadt het saam FC Ingolstadt 04 gevorm. Die terrein van die ESV-stadion word nog deur die nuwe klub se reserwes gebruik.

MTV Ingolstadt Die Männer-Turn-Verein von 1881 Ingolstadt, kortweg MTV Ingolstadt, het op 24 Maart 1905 'n sokkerafdeling opgerig. In 1978 promoveer die klub na die 2. Bundesliga, die hoogtepunt in die klub se geskiedenis. Nadat ESV Ingolstadt in 2004 bankrot geraak het, het die sokkerspelers van MTV die klub verlaat om saam met die spelers van ESV die nuwe FC Ingolstadt 04 te vorm.

FC Ingolstadt 04 Die eerste 2 seisoene van die nuwe klub in die Oberliga Beiere was baie suksesvol met een 2de en een 1ste plek. In die 2006/07-seisoen speel die klub vir die eerste keer in die Regionalliga Suid. Die klub se tuisveld is die Bezirksportanlage Mitte, voorheen bekend as die Stadion Am Kreuztor van MTV Ingolstadt.

Onlangse ligaposisionering ESV Ingolstadt 1963-64 (II) Regionalliga Suid 12de 1964-65 (II) Regionalliga Suid 12de 1965-66 (II) Regionalliga Suid 16de 1966-67 (III) Amateurliga Beiere 2de 1967-68 (III) Amateurliga Beiere 1ste 1968-69 (II) Regionalliga Suid 12de 1969-70 (II) Regionalliga Suid 17de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 11de 1971-72 (II) Regionalliga Suid 19de 1972-73 (III) Amateurliga Beiere 2de 1973-74 (III) Amateurliga Beiere 3de 1974-75 (III) Amateurliga Beiere 9de 1975-76 (III) Amateurliga Beiere 9de 1976-77 (III) Amateurliga Beiere 6de 1977-78 (III) Amateurliga Beiere 3de 1978-79 (III) Am. Oberliga Beiere 1ste 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 17de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Suid 16de 1981-82 (III) Am.Oberliga Beiere 20ste 1982-83 (IV) Landesliga Beiere Suid 4de 1983-84 (IV) Landesliga Beiere Suid 1ste 1984-85 (III) Am.Oberliga Beiere 8ste 1985-86 (III) Am.Oberliga Beiere 16de 1986-87 (IV) Landesliga Beiere Suid 13de 1987-88 (IV) Landesliga Beiere Suid 11de 1988-89 (IV) Landesliga Beiere Suid 9de 1989-90 (IV) Landesliga Beiere Suid 17de 1990-91 (V) Bezirksoberliga OB 1ste 1991-92 (IV) Landesliga Beiere Suid 5de 1992-93 (IV) Landesliga Beiere Suid 12de 1993-94 (IV) Landesliga Beiere Suid 17deMTV Ingolstadt 1965-66 (IV) Landesliga Beiere-Suid 1ste 1966-67 (III) Amateurliga Beiere 16de 1967-68 (IV) Landesliga Beiere-Suid 2de 1968-69 (IV) Landesliga Beiere-Suid 1ste 1969-70 (III) Amateurliga Beiere 5de 1970-71 (III) Amateurliga Beiere 4de 1971-72 (III) Amateurliga Beiere 3de 1972-73 (III) Amateurliga Beiere 6de 1973-74 (III) Amateurliga Beiere 9de 1974-75 (III) Amateurliga Beiere 13de 1975-76 (III) Amateurliga Beiere 17de 1976-77 (IV) Landesliga Beiere-Suid 1ste 1977-78 (III) Amateurliga Beiere 2de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Suid 11de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 19de 1980-81 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1982-83 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1983-84 (III) Am.Oberliga Beiere 10de 1984-85 (III) Am.Oberliga Beiere 15de 1985-86 (IV) Landesliga Beiere-Suid 4de 1986-87 (IV) Landesliga Beiere-Suid 2de 1987-88 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1988-89 (III) Am.Oberliga Beiere 10de 1989-90 (III) Am.Oberliga Beiere 6de 1990-91 (III) Am.Oberliga Beiere 5de 1991-92 (III) Am.Oberliga Beiere 16de 1992-93 (IV) Landesliga Beiere-Suid 4de 1993-94 (IV) Landesliga Beiere-Suid 3de 1994-95 (IV) Oberliga Beiere 18de 1995-96 (V) Landesliga Beiere-Suid 3de 1996-97 (V) Landesliga Beiere-Suid 3de 1997-98 (V) Landesliga Beiere-Suid 3de 1998-00 (V) Landesliga Beiere-Suid 8ste 1999-00 (V) Landesliga Beiere-Suid 2de 2000-01 (IV) Oberliga Beiere 6de 2001-02 (IV) Oberliga Beiere 17deFC Ingolstadt 04

2004-05 (IV) Oberliga Beiere 2de 2005-06 (IV) Oberliga Beiere 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Suid 5de 2007-08 (III) Regionalliga Suid 2de 2008-09 (II) 2.Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Ingolstadt