Die Drie Formuliere van Eenheid verwys na die Calvinistiese belydenisskrifte wat tydens die Kerkhervorming in Nederland opgestel is. Dit bestaan uit:

Die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel deur Guido de Brès in 1561 Die Heidelbergse Kategismus opgestel deur Zacharias Ursinus en Caspar Olevianus in 1563 Die Dordtse Leerreëls opgestel deur die Sinode van Dordrecht in 1618 en 1619.

Kategorie:Calvinisme Kategorie:Christendom in Nederland Kategorie:Geskiedenis van Nederland