FC Rooiwit Erfurt is 'n Duitse sokkerklub uit Erfurt, hoofstad van die deelstaat Thuringen.
Geskiedenis Op 25 Mei 1895 is die Cricket Club Erfurt gestig wat sy naam 'n jaar later verander het in SC Erfurt 1895. Die klub was in 1900 medestigter van die Duitse sokkerbond.
In 1909 het die klub as kampioen van Midde-Duitsland deelgeneem aan die eindronde om die nasionale titel, maar is deur Phönix Karlsruhe in die halfeindronde uitgeskakel. In 1933 het die span in die Gauliga meegeding, destyds die hoogste klas. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar anders as die meeste ander beduidende klubs in Duitsland is die klub nooit herstig nie.
'n Nuwe klub, SG Erfurt-West, is opgerig as plaasvervanger vir SC Erfurt 1895 en VfB Erfurt. Die klub is kort hierna herdoop, eers na Fortuna Erfurt, toe BSG KWU en eindelik na BSG Turbine Erfurt. In 1950 was die klub medestigter van die DDR-Oberliga en behaal 'n 4de plek. In dieselfde jaar haal die span die eindstryd van die Oos-Duitse beker (FDGB-Pokal), maar verloor met 4-0 teen BSC Eisenhüttenwerk Thale. In 1951 eindig die klub boaan die punteleer saam met BSG Chemie Leipzig en het 'n beter doelverskil gehad, maar destyds is daar nog nie na doelverskil gekyk nie. In 'n eindwedstryd in Chemnitz voor 60 000 toeskouers verloor Erfurt met 0-2. Die klub het uiteindelik wel 2 keer kampioen geword (1954 en 1955).
In 1966 het die DDR sokkerowerhede besluit om die sokkerafdeling van BSG Turbine Erfurt met die sokkerafdeling van BSG Optima Erfurt saam te smelt in een van 11 Oos-Duitse “fokus“-klubs waarheen van die land se beste talent oorgeplaas is om spelers vir die nasionale span te ontwikkel. Die nuwe klub sou bekend staan as FC Rooiwit Erfurt.
Hierna het die klub egter nie weer groot hoogtes gehaal nie en kon eers weer in 1980 die eindstryd om die Oos-Duitse beker haal, waar hy deur FC Carl Zeiss Jena verslaan is.
Na ’n suksesvolle laaste seisoen in die DDR-Oberliga het die klub direk gekwalifiseer vir die 2. Bundesliga, asook die UEFA-beker.
Erelys Oos-Duitse kampioen 1954, 1955
Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR Oberliga 13de 1966-67 (II) DDR-Liga, St. Suid 1ste 1967-68 (I) DDR Oberliga 9de 1968-69 (I) DDR Oberliga 8ste 1969-70 (I) DDR Oberliga 9de 1970-71 (I) DDR Oberliga 13de 1971-72 (II) DDR-Liga, St. E 1ste 1972-73 (I) DDR-Oberliga 12de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 12de 1974-75 (I) DDR-Oberliga 9de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 7de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 6de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 9de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 7de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 12de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 7de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 7de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 5de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 7de 1984-85 (I) DDR-Oberliga 6de 1985-86 (I) DDR-Oberliga 10de 1986-87 (I) DDR-Oberliga 7de 1987-88 (I) DDR-Oberliga 12de 1988-89 (I) DDR-Oberliga 12de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 11de 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 3de 1991-92 (II) 2.Bundesliga Suid 12de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos/S 3de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos/S 2de 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 5de 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 7de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 3de 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 5de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 10de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 7de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 15de 2001-02 (III) Regionalliga Suid 5de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 9de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 2de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 18de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 14de 2006-07 (III) Regionalliga Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad RWE-Community Ondersteunersblad Abseits Guide to German Soccer
3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken
Erfurt