FK 03 Pirmasens is 'n Duitse sokkerklub uit Pirmasens in Rynland-Palts.
Die klub is as FC Pirmasens in 1903 gestig, maar in 1905 stig SK 1905 Pirmasens by die klub af net om in 1919 weer by die klub aan te sluit, maar splits in dieselfde jaar weer af as SG 05 Pirmasens. In 1925 neem die klub sy huidige naam aan.
In Suidwes-Duitsland was Pirmasens een van die groot spanne en na die oprigting van die Gauliga in 1933 word die klub 3 keer visekampioen (1934-1936). In 1942 onttrek die klub egter na 'n 0-26 nederlaag teen 1. FC Kaiserslautern, nadat die klub heelwat spelers aan die Tweede Wêreldoorlog verloor het.
Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 was Pirmasens in die Regionalliga ingedeel en het daar vir 11 seisoene meegeding tot met die oprigting van die 2. Bundesliga. Die klub het altyd in die boonste helfte van die punteleer geëindig en 4 keer deelgeneem aan die eindronde om promosie na die Bundesliga, maar kon nooit promoveer nie. Sedertdien kon die klub nog nie weer die hoogtes van weleer bereik nie.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1964-65 (II) Regionalliga Suidwes 7de 1965-66 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1966-67 (II) Regionalliga Suidwes 6de 1967-68 (II) Regionalliga Suidwes 3de 1968-69 (II) Regionalliga Suidwes 4de 1969-70 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1970-71 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1971-72 (II) Regionalliga Suidwes 6de 1972-73 (II) Regionalliga Suidwes 3de 1973-74 (II) Regionalliga Suidwes 8ste 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 2de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Suid 14de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Suid 18de - lisensie aan SV Röchling Völklingen geweier 1977-78 (II) 2.Bundesliga Suid 20ste 1979-80 (III) Am.Oberliga Suidwes 2de 1980-81 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 3de 1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 5de 1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 6de 1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de 1986-87 (III) Am.Oberliga Suidwes 6de 1987-88 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1988-89 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1989-90 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1990-91 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de 1991-92 (III) Am.Oberliga Suidwes 17de 1992-93 (IV) Verbandsliga Suidwes 18de 1993-94 (V) Landesliga Suidwes 2de 1994-95 (VI) Landesliga Suidwes 1ste 1995-96 (V) Verbandsliga Suidwes 10de 1996-97 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 8ste 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 2de 1999-00 (III) Regionalliga Wes/SW 17de 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 8ste 2001-02 (IV) Oberliga Suidwes 7de 2002-03 (IV) Oberliga Suidwes 13de 2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 12de 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 10de 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Suid
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken - Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II - SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms
Pirmasens