Holstein Kiel is 'n Duitse sokkerklub uit Kiel in Sleeswyk-Holstein en is in 1900 gestig as 1. Kieler Fussball Verein. Die klub se grootste prestasie was toe dit in 1912 Duitsland se nasionale kampioen geword het deur Karlsruher FV in die eindstryd te verslaan.
Na die Eerste Wêreldoorlog het die klub met FC Holstein saamgesmelt en sy huidige naam aangeneem. In die jare 20 van die vorige eeu het die klub verskeie kere die uitspeelwedstryde om die nasionale titel gehaal, maar is altyd vroeg uitgeskakel. In 1930 het die klub weer die eindstryd gehaal, maar teen Hertha BSC Berlyn verloor.
Tydens die Derde Ryk is 16 eerste klasse ingevoer en Kiel is ingedeel by die Gauliga Nordmark. In 1942 is die Gauliga Nordmark opgedeel in die Gauliga Hamburg en die Gauliga Sleeswyk-Holstein. Sterk klubs soos Hamburger SV was dus nie meer in Kiel se kompetisie nie en die klub kon maklik die uitspeelwedstryde haal. In 1943 haal die klub die halfeindstryd, maar word deur die uiteindelike kampioen Dresdner SC uitgeskakel.
Na die Tweede Wêreldoorlog was die gloriejare van die klub verby. In 1965 het Kiel 'n geleentheid om promosie na die Bundesliga gemis nadat die klub die Regionalliga Noord gewen het, maar nie suksesvol was in die uitspeelwedstryde nie.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1912
Onlangse ligaposisionering
1963-64 (II) Regionalliga Noord 5de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 1ste 1965-66 (II) Regionalliga Noord 3de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 3de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 8ste 1968-69 (II) Regionalliga Noord 8ste 1969-70 (II) Regionalliga Noord 3de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 4de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 11de 1972-73 (II) Regionalliga Noord 7de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 13de 1974-75 (III) Am.Oberliga Noord 10de 1975-76 (III) Am.Oberliga Noord 13de 1976-77 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1977-78 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 14de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Noord 14de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Noord 19de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1994-95 (III) Regionalliga Noord 11de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 18de 1996-97 (IV) Oberliga Hamburg/SH 6de 1997-98 (IV) Oberliga Hamburg/SH 1ste 1998-99 (III) Regionalliga Noord 14de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 8ste 2000-01 (IV) Oberliga Hamburg/SH 1ste 2001-02 (III) Regionalliga Noord 13de 2002-03 (III) Regionalliga Noord 13de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 12de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 9de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 4de 2006-07 (III) Regionalliga Noord 15de
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Kiel Kategorie:Kiel