duimnael|regs|275px|25-Paar Kleurkode Kaart
Die 25-paar kleurkode is 'n kleurkode wat gebruik word om indiwiduele geleiers in 'n soort elektriese kommunikasiekabel naamlik gedraaide draadpaarkabels te identifiseer. Die kleure word op die isolasie aangebring wat die geleiers bedek. Die eerste kleur word gekies uit 'n groep van vyf kleure en die ander vanuit 'n tweede groep van vyf kleure wat 'n totaal van 25 moontlike kombinasies van twee kleure gee.
Die eerste groep van kleure is, in volgorde: wit, rooi, swart, geel, pers. Die tweede groep van kleure is, in volgorde: blou, oranje, groen, bruin, grys.
Die 25 kombinasies word op die beeld hier aan die regterkant aangedui.
Die 25 kombinasies word ook op die onderstaande tabel aangetoon en toon die kleur vir elke draad ("1" en "2") en die paarnommer sowel as die kaart na die paarnommer soos vertoon in die beeld verder ondertoe.
Die eerste vyf kombinasies word baie algemeen in telekommunikasie- en datakabels aangetref.
nommer in die sel is die paarnommer Kleurkodes 2de kleur Blou Oranje Groen Bruin Grys Draad # in paar-> 1 2 1 2 1 2 1 2 1 2 1ste kleur Wit Rooi Swart Geel Pers
Soms sal elke draad in 'n paar 'n gekleurde streep of ringe hê met die kleur van sy ooreenstemmende gepaarde draad. Dit maak dit maklik om te identifiseer tot watter paar 'n gegewe draad behoort. Anders sou mens die kleurkaart moet gebruik om vas te stel watter kleure fisies saamgedraai moet word.
Paar # Eerste draad Tweede draad 1 Wit Blou 2 Oranje 3 Groen 4 Bruin 5 Grys 6 Rooi Blou 7 Oranje 8 Groen 9 Bruin 10 Grys 11 Swart Blou 12 Oranje 13 Groen 14 Bruin 15 Grys 16 Geel Blou 17 Oranje 18 Groen 19 Bruin 20 Grys 21 Pers Blou 22 Oranje 23 Groen 24 Bruin 25 Grys
Wanneer dit gebruik word vir gewone analoë dienste, word die eerste draad gewoonlik as die gronddraad gebruik, die positiewe kant van die gelykstroom stroombaan, terwyl die tweede draad aan die negatiewe kant van die stroombaan verbind word.
Vir kabels wat meer as 25 pare bevat, word die eerste 25 pare gemerk met 'n Wit/Blou lint, die tweede 25 pare met 'n Wit/Oranje lint ensovoorts tot by die 25ste verbindingsgroep (625 pare), wat 'n Pers/Grys lint sal hê. Die patroon begin dan weer van voor af en word dan weer herhaal.
Kategorie:Rekenaarnetwerke Kategorie:Telekommunikasie