duimnael|links|Jim Fouché omstreeks 1959 toe hy administrateur van die Vrystaat was. Jacobus Johannes (Jim) Fouché (Wepener, 6 Junie 1898 - Kaapstad, 23 September 1980) was die tweede staatspresident van Suid-Afrika, van 1968 tot 1975.
Fouché is gebore op Wepener in die Oranje-Vrystaat en was 'n suksesvolle boer. Hy was 'n stoere republikein en jare lange lid van die Nasionale Party.
Fouché het van 1954 tot 1959 as administrateur van die Oranje-Vrystaat in die Unie van Suid-Afrika gedien en is tot die kabinet bevorder toe hy in 1959 as minister van verdediging aangestel is. In 1966 het hy minister van landboutegniese dienste geword en van waterwese tot 1968. Hy is tot staatspresident verkies in die plek van dr. Eben Dönges, wat tevore verkies is, maar gesterf het voor hy die amp kon aanvaar. Hy het in die rol as seremoniële staatshoof gedien van 1968 tot 1975. Hy was die enigste staatspresident wat sy volle sewe jaar ampstermyn, wat voor 1984 gegeld het, voltooi het.
Fouché was met Letta McDonald getroud en hulle het 'n seun gehad, dr. Jacobus Johannes (Bux) Fouché, wat van 1965-1968 in Den Haag, Nederland, as ambassadeur gedien het.
Kategorie:Staatspresidente van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1980 Kategorie:Afrikaners