VfB Lübeck is 'n Duitse sportklub uit die stad Lübeck in die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Die klub is veral vir sy sokkerafdeling bekend, maar bied ook pluimbal, gimnastiek, tafeltennis en handbal. Die klub is in 1919 opgerig as BV Vorwärts 1919 Lübeck. Na die reorganisasie van die kompetisie tydens die Derde Ryk in 1933 word die span 'n polisieklub en van 1934 tot 1942 speel die klub in die Gauliga Nordmark as Polizei SV Lübeck. As gevolg van die oorlog is die Gauligas verder verdeel en speel die klub die volgende 2 seisoene in die Gauliga Sleeswyk-Holstein onder die naam SG Ordnungspolizei Lübeck.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig as VfB Lübeck. In 1969 het Lübeck deelgeneem aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga, maar was onsuksesvol. In 2004 het die klub een van sy grootste prestasies behaal deur die halfeindstryd van die DFB-Pokal te haal.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 14de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 11de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 5de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 10de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 9de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 2de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 7de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 3de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 6de 1972-73 (II) Regionalliga Noord 6de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 16de 1974-75 (IV) Landesliga SH 1ste 1975-76 (IV) Landesliga SH 3de 1976-77 (IV) Landesliga SH 1ste 1977-78 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1978-79 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1980-81 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 17de 1983-84 (IV) Verbandsliga SH 3de 1984-85 (IV) Verbandsliga SH 4de 1985-86 (IV) Verbandsliga SH 7de 1986-87 (IV) Verbandsliga SH 1ste 1987-88 (IV) Verbandsliga SH 2de 1988-89 (IV) Verbandsliga SH 1ste 1989-90 (IV) Verbandsliga SH 1ste 1990-91 (IV) Verbandsliga SH 8ste 1991-92 (IV) Verbandsliga SH 1ste 1992-93 (IV) Verbandsliga SH 1ste 1993-94 (III) Oberliga Noord 9de 1994-95 (III) Regionalliga Noord 1ste 1995-96 (II) 2.Bundesliga 13de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 16de 1997-98 (III) Regionalliga Noord 7de 1998-99 (III) Regionalliga Noord 2de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 2de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 3de 2001-02 (III) Regionalliga Noord 1ste 2002-03 (II) 2.Bundesliga 11de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 15de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 3de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 3de 2006-07 (III) Regionalliga Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Regionalliga Noord 2010/11-seisoen Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II
Lübeck Kategorie:Lübeck