duimnael|Die oorkantse pawiljoen en D-blok, Ludwigsparkstadion, Saarbrücken
1. FC Saarbrücken is 'n Duitse sokkerklub uit Saarbrücken, hoofstad van die deelstaat Saarland.
Die klub is op 18 April 1903 in die buurt Malstatt in Saarbrücken as die sokkerafdeling van die sportklub TV 1876 Malstatt opgerig. Die sokkerafdeling het in 1907 onafhanklik geraak as FV Malstatt-Burbach en is in 1909 herdoop na FV Saarbrücken. Tussen 1943 en 1945 het die klub saam met SC 07 Altenkessel gespeel as Kriegsspielgemeinschaft Saarbrücken. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 25 November 1945 herstig as 1. FC Saarbrücken.
In 1935 het die klub gepromoveer na die Gauliga Suidwes, een van die toenmalige 16 hoogste klasse. Tydens die oorlog het die klub 2 keer kampioen geword en aan die eindronde om die Duitse titel deelgeneem. In 1943 haal die klub die eindstryd, maar verloor teen Dresdner SC.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Oberliga Suidwes meegeding, maar na 3 seisoene is alle klubs uit Saarland onttrek om in 'n onafhanklike Saarlandse liga mee te ding. Dit was deel van Frankryk se planne om Saarland onafhanklik van Duitsland te kry. Die klub was egter te sterk vir die hoogste Saarliga en het 'n versoek ingedien om in die Franse 2de liga te mag meeding. Die versoek het die Franse gepas, maar teen hulle verwagtinge in wen Saarbrücken toe die liga met 'n 6-punte voorsprong op Girondins de Bordeaux. Die Franse wou nie die klub toelaat om na Frankryk se eerste liga te promoveer nie en die klub moes voortaan weer in die Saarlandse kompetisies deelneem.
Vanaf die 1951/52-seisoen het die klubs uit Saarland teruggekeer na die Duitse kompetisies. Saarbrücken het in die uitspeelwedstryde om die Duitse kampioenskap weer die eindstryd gehaal, maar verloor teen VfB Stuttgart. In 1955/56 kon die klub as verteenwoordiger van die Saarse sokkerbond deelneem aan die heel eerste Europese beker I, maar het in die eerste ronde teen AC Milaan verloor.
In 1963 was die klub een van die 16 deelnemers aan die eerste Bundesliga-seisoen. Die keuse van Saarbrücken was egter kontroversieel omdat die klub nie noodwendig op daardie stadium die sterkste in sy streek was nie.
Die klub speel tans in die Oberliga Suidwes.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 16de 1964-65 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1965-66 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1966-67 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1967-68 (II) Regionalliga Suidwes 5de 1968-69 (II) Regionalliga Suidwes 3de 1969-70 (II) Regionalliga Suidwes 6de 1970-71 (II) Regionalliga Suidwes 4de 1971-72 (II) Regionalliga Suidwes 12de 1972-73 (II) Regionalliga Suidwes 13de 1973-74 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 7de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste 1976-77 (I) Bundesliga 14de 1977-78 (I) Bundesliga 17de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Suid 8ste 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 5de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Suid 17de 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 3de 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 1ste 1983-84 (II) 2.Bundesliga 10de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 3de 1985-86 (I) Bundesliga 17de 1986-87 (II) 2.Bundesliga 15de 1987-88 (II) 2.Bundesliga 13de 1988-89 (II) 2.Bundesliga 3de 1989-90 (II) 2.Bundesliga 3de 1990-91 (II) 2.Bundesliga 5de 1991-92 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste 1992-93 (I) Bundesliga 18de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 14de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 7de - verpligte relegasie 1995-96 (III) Regionalliga W/SW 7de 1996-97 (III) Regionalliga W/SW 3de 1997-98 (III) Regionalliga W/SW 4de 1998-99 (III) Regionalliga W/SW 5de 1999-00 (III) Regionalliga W/SW 1ste 2000-01 (II) 2.Bundesliga 8ste 2001-02 (II) 2.Bundesliga 16de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 6de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 3de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 12de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 16de 2006-07 (III) Regionalliga Suid 15de 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken
Saarbrücken