duimnael|Die Ernst Grube-stadion in Maagdenburg, tot Desember 2006 die tuisveld van 1. FC Maagdenburg
1. FC Maagdenburg is 'n Duitse sokkerklub uit Maagdenburg, die hoofstad van die deelstaat Sakse-Anhalt.
In die Duitse Demokratiese Republiek was Maagdenburg drie keer kampioen in die jare sewentig en het sewe keer die beker gewen. Die absolute hoogtepunt was natuurlik die wen van die Europese beker II in 1974 teen AC Milan in De Kuip. 1. FC Maagdenburg is die enigste span uit die voormalige DDR wat 'n Europese beker kon wen.
Geskiedenis Op 15 Junie 1896 is Magdeburger FC Victoria 1896 opgerig. Die klub het voor die Tweede Wêreldoorlog in een van die 16 Gauligas gespeel, destyds die hoogste liga. Na die oorlog is alle klubs in Duitsland opgehef. FC Victoria is nie weer herstig nie, maar in Maagdenburg is verskillende klein klubs opgerig. Hierdie klubs het in 1952 saamgesmelt as Motor Mitte, wat in 1957 herdoop is tot SC Aufbau Maagdenburg . Op 22 Desember 1965 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as 1. FC Maagdenburg.
1974 was die klub se beste jaar. Behalwe die wen van die Europese beker, het die klub ook die Oos-Duitse nasionale titel gewen en verder 4 spelers vir die nasionale span gelewer vir die 1974 Sokkerwêreldbeker.
Die klub se tuisveld is sedert Desember 2006 die Maagdenburgstadion. Voorheen het die klub sy tuiswedstryde in die Ernst Grube-stadion gespeel.
Erelys Oos-Duitse kampioen 1971/72, 1973/74, 1974/75 FDGB-Pokal 1964, 1965, 1969, 1973, 1978, 1979, 1983 Europese beker II 1974
Onlangse ligaposisionering 1966-67 (II) DDR-Liga, Stapel Noord 1ste 1967-68 (I) DDR-Oberliga 3de 1968-69 (I) DDR-Oberliga 3de 1969-70 (I) DDR-Oberliga 8ste 1970-71 (I) DDR-Oberliga 4de 1971-72 (I) DDR-Oberliga 1ste 1972-73 (I) DDR-Oberliga 3de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 1ste 1974-75 (I) DDR-Oberliga 1ste 1975-76 (I) DDR-Oberliga 3de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 2de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 2de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 4de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 4de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 3de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 6de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 6de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 5de 1984-85 (I) DDR-Oberliga 5de 1985-86 (I) DDR-Oberliga 4de 1986-87 (I) DDR-Oberliga 5de 1987-88 (I) DDR-Oberliga 7de 1988-89 (I) DDR-Oberliga 6de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 3de 1990-91 (I) NOFV Oberliga 10de 1991-92 (III) Oberliga Noordoos-Sentraal 2de 1992-93 (III) Oberliga Noordoos-Sentraal 8ste 1993-94 (III) Oberliga Noordoos-Sentraal 7de 1994-95 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 12de 1995-96 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 9de 1996-97 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 12de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 3de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 10de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 2001-02 (III) Regionalliga Noord 12de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 3de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 5de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Noord 3de 2007-08 (III) Regionalliga Noord 11de 2008-09 (IV) Regionalliga Noord 4de 2009-10 (IV) Regionalliga Noord 6de 2010-11 (IV) Regionalliga Noord 12de 2011-12 (IV) Regionalliga Noord 18de 2012-13 (IV) Regionalliga Noordoos 6de 2013-14 (IV) Regionalliga Noordoos 2de 2014-15 (IV) Regionalliga Noordoos 1ste 2015-16 (III) 3. Liga 4de 2016-17 (III) 3. Liga 4de 2017-18 (III) 3. Liga 1ste 2018-19 (II) 2. Bundesliga 17de 2019-20 (III) 3. Liga 14de 2020-21 (III) 3. Liga 11de 2021-22 (III) 3. Liga 1ste 2022-23 (II) 2. Bundesliga 11de 2023-24 (II) 2. Bundesliga 14de 2024-25 (II) 2. Bundesliga 5de
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Maagdenburg