TSG Hoffenheim is 'n Duitse sportvereniging uit die buurt Hoffenheim in Sinsheim, Baden-Württemberg. Naas sokker is daar ook 'n gimnastiek- en atletiekafdeling.

Geskiedenis Die klub is in 1899 gestig as Turnverein Hoffenheim. Na die samesmelting van die gimnastiek- en sokkerverenigings in 1945 het TSG Hoffenheim ontstaan.

Die opmars van die klub het in 1990 begin, terwyl die klub nog in die A-Klasse ('n lae amateurdivisie) meegeding het, toe Dietmar Hopp, een van die grondleggers van die sagtewarereus SAP, by die klub betrokke geraak het. Hopp was in sy jeugjare by die klub betrokke en het as hoofborg op die toneel verskyn.

Na 'n reeks promosies in die Bezirks-, Landes- en Verbandsliga word die klub in die 2000/01-seisoen as debutant kampioen in die Oberliga Baden-Württemberg. Die klub het in 2007 na die 2. Bundesliga gepromoveer en na slegs een seisoen sensasioneel na die Bundesliga gepromoveer.

Tuisveld Die klub het in 1999 die Dietmar Hopp-stadion met 'n kapasiteit van 5 000 in gebruik geneem. Die klub sal in 2009 sy intrek neem in die splinternuwe Rhein Neckararena, wat tans in aanbou is in Sinsheim en met 'n kapasiteit van 30 000 voldoen aan Bundesliga-standaarde. Intussen sal die klub die Carl Benz-stadion in Mannheim as tuisveld gebruik vir Bundesliga-wedstryde.

Onlangse ligaposisionering 1990-91 (VII) Kreisliga A 1ste 1991-92 (VI) Bezirksliga 1ste 1992-93 (V) Landesliga Noord-Baden 1993-94 (V) Landesliga Noord-Baden 1994-95 (VI) Landesliga Noord-Baden 1995-96 (VI) Landesliga Noord-Baden 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga Noord-Baden 9de 1997-98 (V) Verbandsliga Noord-Baden 3de 1998-99 (V) Verbandsliga Noord-Baden 2de 1999-00 (V) Verbandsliga Noord-Baden 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 1ste 2001-02 (III) Regionalliga Suid 13de 2002-02 (III) Regionalliga Suid 5de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 5de 2004-05 (III) Regionalliga Suid 7de 2005-06 (III) Regionalliga Suid 4de 2006-07 (III) Regionalliga Suid 2de 2007-08 (II) 2. Bundesliga 2de 2008-09 (I) 1. Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Hoffenheim