Torgny is 'n klein Belgiese dorp wat in die uiterste suide van die Waalse provinsie Luxemburg geleë is. Die munisipale gebied het sowat 200 inwoners (2010). Dit behoort tot die munisipaliteit Rouvroy.
Torgny lê in die Gaume en is die suidelikste plek van België. Danksy die gematigde klimaat is wynbou die vernaamste bedryf.
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Luxemburg (provinsie) Kategorie:Voormalige munisipaliteite in Wallonië