SV Wacker Burghausen is 'n Duitse sportklub uit die dorp Burghausen in Beiere met ongeveer 6 000 lede wat meer as 20 sportsoorte beoefen. Die klub is veral bekend vir sy sokkerspan, wat in die 2. Bundesliga meeding.

Die klub was vir jare relatief obskuur, maar het in die 2002/03-seisoen sy grootste prestasie behaal deur na die 2. Bundesliga te promoveer. Die klub se tuisveld, die Wacker-Arena, was vroeër bekend as die Stadion an der Liebigstraße en moes reeds verskeie kere vergroot word om te voldoen aan die lisensievereistes van die hoër ligas waarin die span die afgelope jare meeding.

Die Wacker in die span se naam verwys na 'n groot plaaslike chemiese maatskappy onder wie se beskerming die sportklub aanvanklik gestig is en wat steeds een van die hoofborge is.

Onlangse ligaposisionering 1982-83 (IV) Landesliga-Suid 2de 1984-85 (IV) Landesliga-Suid 5de 1985-86 (IV) Landesliga-Suid 9de 1986-87 (IV) Landesliga-Suid 10de 1987-88 (IV) Landesliga-Suid 6de 1988-89 (IV) Landesliga-Suid 6de 1989-90 (IV) Landesliga-Suid 5de 1990-91 (IV) Landesliga-Suid 4de 1991-92 (IV) Landesliga-Suid 8ste 1992-93 (IV) Landesliga-Suid 1ste 1993-94 (III) Am.Oberliga Beiere 7de 1994-95 (IV) Oberliga Beiere 1ste 1995-96 (III) Regionalliga Suid 9de 1996-97 (III) Regionalliga Suid 5de 1997-98 (III) Regionalliga Suid 5de 1998-99 (III) Regionalliga Suid 7de 1999-00 (III) Regionalliga Suid 4de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 13de 2001-02 (III) Regionalliga Suid 1ste 2002-03 (II) 2.Liga 10de 2003-04 (II) 2.Liga 10de 2004-05 (II) 2.Liga 9de 2005-06 (II) 2.Liga 8ste 2006-07 (II) 2.Liga 17de 2007-08 (III) Regionalliga Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken

Burghausen