Sercquiais (Engels: Sarkese, Engels sercquiais : Serkyee) is die dialek van die Normandiese Oïltaal wat op die Kanaaleiland Sark gepraat word. Op die eiland staan dit onder die naam patois bekend, 'n Franse term vir dialek wat nou 'n effens negatiewe konnotasie het.
Sarkese is 'n afstammeling van die 16de eeuse Jèrriais wat deur die oorspronklike koloniste, 40 gesinne uit St. Ouen, Jersey, Société Jersiaise , Besoek op 23 Maart 2007 wat hulle op die, op daardie stadium onbewoonde eiland, gevestig het. Dit is intussen ook deur die Guernsey dialek Dgèrnésiais beïnvloed. Dit word nog deur 'n baie klein groepie ouer inwoners van die eiland gepraat. Alhoewel die woordeskat swaar geangliseer is, behou die fonologie eienskappe wat in Jèrriais sedert die 16de eeu verloor is. Meeste van die plaaslike plekname is in in Sarkese.
Die taal het in onlangse jare erg agteruitgegaan as gevolg van die instroming van 'n groot aantal belastingvlugtelinge uit Engeland wat na die eiland getrek het sowel as amptelike verwaarlosing. Inligting aangaande die aantal sprekers van Sercquiais is nog nooit amptelik ingesamel nie, maar in 1998 is daar geraam dat minder as 20 van die eiland se 600 permanents inwoners (3.3%) steeds Sercquiais kon praat.BBC, Dr Mari C Jones, Jèrriais and Sercquiais today, Besoek op 23 Mei 2007
Dit is ook naby verwant aan die uitgestorwe Alderney dialek, Auregnais, sowel as die vasteland Normandies wat in Frankryk gepraat word.
Geskrewe Sercquiais Betreklik min Sercquiais is ooit neergeskryf en daar is geen gevestigde skryftaalstandaard nie, wat ook 'n sekere stigma aan die taal gegee het. Dame Sybil Hathaway, wat self 'n spreker was, het beweer dat "nooit neergeskryf kan word nie", en die mite het in die jare daarna bly voortbestaan.
Die vroegste gepubliseerde teks in Sercquiais sover ontdek, is die Gelykenis van die Saaier uit Matteus in die Nuwe Testament. Prins Louis Lucien Bonaparte het die Kanaaleilande in September 1862 besoek om monsters van die eiland taal variëteite te versamel wat hy vervolgens in 1863 gepubliseer het.
Fonologie
(Nota: Aangesien Sercquiais nie 'n standaard ortografie het nie, word die voorbeelde gegee volgens Liddicoat se Lexicon of Sark Norman French, Munich 2001)
Sercquiais het nie die stemhebbende dentale frikatief wat so 'n kenmerkende karakteristiek is van St. Ouen in Jersey waar meeste van die koloniste vandaan kom nie.
SercquiaisJèrriaisFransEngelsAfrikaanslyerliéthelireto readom te leeskuoradjcouothage couragemoedfereféther toironom te stryk
Palatalisering van velars /k/ en /g/ is minder volledig ontwikkel in Sercquiais as in Jèrriais. Palatalisering in Jèrriais van /k/ to en /g/ na het die ekwivalent in Sercquiais van /kj/ en /gj/. Byvoorbeeld 'hik' is hitchet in Jèrriais en hekyet in Sercquiais; 'oorlog' is onderskeidelik dgèrre en gyer.
Palatalisering van /tj/ in Jèrriais lei tot , maar in Sercquiais word /t/ gewoonlik behou: ambag in Sercquiais is meeti, terwyl dit in Jèrriais gepalataliseer is na mêtchi.
word in Sercquiais behou terwyl Jèrriais dit verswak het na , soos in om te eet: mãdji (Sercquiais) - mangi (Jèrriais) – manger (Frans).
Finale konsonante van manlike selfstandige naamwoorde in die enkelvoud is in vrye variasie met nul in alle posisies behalwe in liaison. Finale konsonante word gewoonlik teen die einde van sinsnedes uitgespreek. Finale konsonante word altyd weggelaat in meervoud vorme van manlike selfstandige naamwoorde i. 'n 'Kat' kan daarom kat of ka wees in Sercquiais, maar 'katte' is kaa. ter vergelyking, Jèrriais 'kat' word gewoonlik uitgespreek as /ka/, en die meervoud het die lang klinker soos in Sercquiais. Dit kan daarom ook gesien word dat lengte fonemies is en meervoud kan aandui.
Sercquiais het ook die finale konsonante behou wat heeltemaal in Jèrriais verlore geraak het soos die finale /t/ in pret (meadow - pré in Jèrriais soos in Frans).
Metatese van /r/ is ongewoon in Sercquiais, en in Jèrriais, in vergelyking met Dgèrnésiais.
SercquiaisJèrriaisDgèrnésiaisFransAfrikaanskrweecrouaixkérouaïecroixkruismekrëdiMêcrédiméquerdiMêcrédiWoensdag
Die gepalataliseerde l, wat in Jèrriais oor die algemeen gepalataliseer is na /j/ in aanvanklike posisie en na 'n konsonant, word in Sercquiais behou.
SercquiaisJèrriais(li representing /j/)FransEngelsAfrikaansblyakyĩbliatchîn shoe polish (blacking)klyütcliu patchplyechipliaichi to placeom te plaaslyeflief roofdak
Gemination vind gereeld plaas werkwoordvervoegings en gerunds, soos in Jèrriais maar in onderskeid met Dgèrnésiais.
SercquiaisJèrriaisDgèrnésiaisFransEngels width="100"|Afrikaansmachunniimachonn'niemachounn'rie masonryskrynwerkdje dmãddejé d'mand'daije d'mànd'rai I'll askEk sal vra
Sercquiais geminate egter nie palatale frikatiewe nie, anders as Jèrriais:
SercquiaisJèrriaisFransEngelsAfrikaansbrachiibrach'chie brewerybrouerybrachiibrachie armfulmãdjimangimangerto eatom te eetmãdjimang'gie eatingbesig om te eet
Vervoeging van Werkwoorde Die St. Ouennais oorsprong van Sercquiais kan gesien word in die 2de en 3de persoon meervoud vrome van die preterite. Sercquiais gebruik 'n woord einde -dr wat tipies is van die St. Ouennais dialek van Jèrriais, maar in die algemeen nie elders in Jersey gebruik word nie en deesdae ook nie deur jonger sprekers in St. Ouen nie.
SercquiaisJèrriais (St. Ouennais)standard JèrriaisFransEnglishAfrikaansi vuliidri' voulîdrenti' voulîtent they wantedhulle wou gehad hetuu paaliidrou pâlîdresou pâlîtesvous ...you spokejy het gepraati füüdri' fûdrenti' fûtentils ...they werehulle wasuu prẽẽdrou prîndresou prîntesvousyou tookjy het geneem
Verwysings Lexicon of Sark Norman French, Anthony J. Liddicoat, Munich 2001 A Grammar of the Norman French of the Channel Islands, Anthony Liddicoat, Berlin 1994
Eksterne skakels Lé Sèrtchais (insluitend vergelykende glossary) Jèrriais and Sercquiais today deur Dr Mari C. Jones - from the BBC
Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Normandiese taal Kategorie:Sark Kategorie:Tale van die Kanaaleilande Kategorie:Uitgestorwe tale van Europa