Rooiwit Ahlen is 'n Duitse sokkerklub in Ahlen in Noord-Rynland-Wesfale.
Geskiedenis In 1917 is die Freie Sportclub Union (FSCU) Ahlen gestig, maar die klub word deur die regime van die Derde Ryk in 1933 ontbind omdat driekwart van die spelers buitelanders was. TuS Germania Ahlen word in sy plek opgerig, wat later saamsmelt met Wacker Ahlen. Nadat die Geallieerdes die klub na die Tweede Wêreldoorlog ontbind het, word TuS Ahlen in 1948 in die lewe geroep.
Teen 1992 het die klub erge finansiële probleme ontwikkel nadat die klub in die 1991-seisoen so laag as die Kreisliga (agste vlak) moes meeding. Die klub word egter gered toe Helmut Spikker, 'n sakeman met 'n sakeryk in die kosmetiekbedryf, wat in sy jeug 'n lid van die klub was, die hoofborg word en as klubpresident verkies word.
Met die nuwe finansiële spierkrag het Ahlen sterk herstel en teen 1996 promoveer die klub na die Regionalliga Wes/Suidwes. In dieselfde jaar smelt die klub met Blau-Weiß Ahlen saam en word herdoop na LR Ahlen (Leichtathletik Rasensport Ahlen e.V.). LR is ook die naam van die besigheid van Helmut Spikker. In 2000 eindig die klub 2de in die Regionalliga en speel 'n eindronde-uitspeelwedstryd teen 1. FC Union Berlyn uit die 2. Bundesliga. Ahlen seëvier met 2-1 en promoveer. Nadat die klub in die 2005/06-seisoen weer gerelegeer is, is die verhouding met Helmut Spikker beëindig. Die naam van die klub is na Rooiwit Ahlen verander en die klub speel in die 2006/07-seisoen in die Regionalliga Noord.
Die klub speel in die Wersestadion, wat in 1999 opgerig is om aan die hoër ligas se lisensiestandaarde te voldoen. Ahlen se tuisveld was vroeër die Glückaufkampfbahn in Ahlen.
Onlangse ligaposisionering 1966–1967 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 5de 1967–1968 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 8ste 1968–1969 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 12de 1969–1970 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 10de 1970–1971 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 7de 1971–1972 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 11de 1972–1973 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 12de 1973–1974 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 3de 1974–1975 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 9de 1975–1976 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 8ste 1976–1977 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 2de 1977–1978 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 16de 1978–1979 (IV) Verbandsliga Wesfale-NO 14de 1991–1992 (VIII) Kreisliga 1ste 1992–1993 (VII) Bezirksliga Wesfale 1ste 1993–1994 (VI) Landesliga Wesfale 1ste 1994–1995 (V) Verbandsliga Wesfale-NO 1ste 1996–1997 (III) Regionalliga West/SW 4de 1997–1998 (III) Regionalliga West/SW 6de 1998–1999 (III) Regionalliga West/SW 6de 1999-00 (III) Regionalliga West/SW 2de 2000-01 (II) 2.Bundesliga 6de 2001-02 (II) 2.Bundesliga 8ste 2002-03 (II) 2.Bundesliga 12de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 12de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 13de 2006-07 (III) Regionalliga Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
3. Liga 2010/11-seisoenRooiwit Ahlen – SV Babelsberg 03 – 1. FC Heidenheim 1846 – FC Hansa Rostock – Kickers Offenbach – FC Rooiwit Erfurt – SpVgg Unterhaching – FC Bayern München II – SV Sandhausen – VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk – TuS Koblenz – Dynamo Dresden – SV Wacker Burghausen – SV Wehen – VfR Aalen – SSV Jahn Regensburg – FC Carl Zeiss Jena – SV Werder Bremen II – 1. FC Saarbrücken
Ahlen