Sportvereinigung 07 Elversberg e.V. is 'n Duitse sokkerklub uit Spiesen-Elversberg in Saarland. Die klub is in 1907 gestig as FV Germania Elversberg, in 1914 opgehef en in 1918 as Sportvereinigung VfB Elversberg heropgerig. Na die Tweede Wêreldoorlog het alle sportverenigings in Elversberg tot Sportgemeinde Elversberg saamgesmelt, waaruit die huidige SV (aanvanklik onder die naam SV Elversberg VfB 07) in 1952 afgestig het.
Die klub lewer die laaste 2 dekades van sy beste prestasies deurdat dit in 1996 promoveer na die Regionalliga, die derde vlak in die Duitse sokkerstruktuur. Die laaste jare is SV Elversberg 'n vaste deelnemer aan die Regionalliga Suid. Die klub presteer op hierdie vlak baie wisselvallig – die een jaar kom hulle baie naby aan promosie, net om die volgende jaar teen relegasie te moet veg.
Onlangse ligaposisionering 1976-77 (V) Bezirksliga Saarland/Oos 9de 1977-78 (V) Bezirksliga Saarland/Oos 11de 1978-79 (V) Landesliga Saarland/Noordoos 1ste 1979-80 (IV) Verbandsliga Saarland 1ste 1980-81 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 11de 1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 7de 1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 15de 1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 15de 1986-87 (III) Am.Oberliga Suidwes 18de 1987-88 (IV) Verbandsliga Saarland 6de 1988-89 (IV) Verbandsliga Saarland 17de 1989-90 (V) Landesliga Saarland/Noordoos 9de 1990-91 (V) Landesliga Saarland/Noordoos 1ste 1991-92 (IV) Verbandsliga Saarland 5de 1992-93 (IV) Verbandsliga Saarland 8ste 1993-94 (IV) Verbandsliga Saarland 1ste 1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 14de 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 1996-97 (III) Regionalliga Wes/Suidwes 18de 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 1998-99 (III) Regionalliga Wes/Suidwes 12de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 14de 2001-02 (III) Regionalliga Suid 11de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 14de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 12de 2004-05 (III) Regionalliga Suid 10de 2005-06 (III) Regionalliga Suid 9de 2006-07 (III) Regionalliga Suid
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Elversberg