KSV Hessen Kassel is 'n Duitse sokkerklub uit die stad Kassel in die deelstaat Hessen.

Geskiedenis In 1893 is die klub FC Union 93 Kassel gestig en in 1895 smelt hy saam met FC Hassia 93 Cassel en word so Casseler FV 95. In 1919 word daar weer met VfK Kassel saamgesmelt om SV Kurhessen Kassel te vorm.

In 1933 haal die klub die Gauliga Hessen, die hoogste speelklas tydens die Derde Ryk. Na die Tweede Wêreldoorlog smelt die klub in 1947 saam met Kasseler SV Kassel en kry uiteindelik die huidige naam.

Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 het die klub die Regionalliga gewen, maar in die eindronde om promosie na die Bundesliga verloor teen Hannover 96. Ook in 1985 word promosie na die Bundesliga op 'n haar na gemis, toe die span tot op die voorlaaste speeldag nog eerste op die punteleer was, maar toe die laaste speeldag verloor teen 1 FC Neurenberg.

Bankrotskap In Julie 1993 is die sportklub bankrot verklaar. Die sokkerafdeling het homself gered deur af te stig as FC Hessen Kassel, maar voortgesette finansiële probleme het gelei tot ook hierdie klub se bankrotskap in Januarie 1998.

Heroprigting Drie maande na die bankrotskap is die klub heropgerig as KSV Hessen Kassel, maar as splinternuwe klub moes hulle onderaan die sokkerleer begin in die Kreisliga Hessen A (8ste klas). Die klub slaag daarin om vier jaar in 'n ry promosie te kry en is binne 10 jaar weer terug in die Regionalliga. Wat ook merkwaardig was, is dat die klub vir sommige wedstryde meer as 1 000 toeskouers in die 8ste klas getrek het.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Suid 1ste 1964-65 (II) Regionalliga Suid 5de 1965-66 (II) Regionalliga Suid 6de 1966-67 (II) Regionalliga Suid 8ste 1967-68 (II) Regionalliga Suid 8ste 1968-69 (II) Regionalliga Suid 10de 1969-70 (II) Regionalliga Suid 7de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 3de 1971-72 (II) Regionalliga Suid 4de 1972-73 (II) Regionalliga Suid 10de 1973-74 (II) Regionalliga Suid 16de 1974-75 (III) Amateurliga Hessen 3de 1975-76 (III) Amateurliga Hessen 3de 1976-77 (III) Amateurliga Hessen 3de 1977-78 (III) Amateurliga Hessen 6de 1978-79 (III) Am.Oberliga Hessen 2de 1979-80 (III) Am.Oberliga Hessen 1ste 1980-81 (II) 2.Bundesliga Suid 4de 1981-82 (II) 2.Bundesliga 8ste 1982-83 (II) 2.Bundesliga 4de 1983-84 (II) 2.Bundesliga 4de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 4de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 5de 1986-87 (II) 2.Bundesliga 19de1987-88 (III) Am.Oberliga Hessen 2de 1988-89 (III) Am.Oberliga Hessen 1ste 1989-90 (II) 2.Bundesliga 17de 1990-91 (III) Am.Oberliga Hessen 1ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Hessen 3de 1992-93 (III) Am.Oberliga Hessen 5de 1993-94 (III) Am.Oberliga Hessen 6de 1994-95 (III) Regionalliga Suid 13de 1995-96 (III) Regionalliga Suid 10de 1996-97 (III) Regionalliga Suid 12de 1997-98 (III) Regionalliga Suid 18de Bankrotskap 1998-99 (VIII) Kreisliga Hessen, A 1ste 1999-00 (VII) Bezirksliga Kassel 1ste 2000-01 (VI) Bezirksoberliga Kassel 1ste 2001-02 (V) Landesliga Hessen/Noord 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Hessen 2de 2003-04 (IV) Oberliga Hessen 2de 2004-05 (IV) Oberliga Hessen 10de 2005-06 (IV) Oberliga Hessen 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer Klubargief

Regionalliga Suid 2010/11-seisoen SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, KSV Hessen Kassel, FC Memmingen, TSV 1860 München II, 1. FC Neurenberg II, SC Pfullendorf, Stuttgarter Kickers, SSV Ulm 1846, SV Wehen II, SpVgg Weiden, Wormatia Worms

Kategorie:Duitse sokkerklubs Kategorie:Kassel