duimnael|regs| Stadion An der Alten Försterei, Berlyn

1. FC Union Berlyn is 'n Duitse sokkerklub uit die hoofstad, Berlyn.

Geskiedenis

SC Olympia 06 Oberschöneweide is in 1906 gestig en verander in 1920 sy naam in FC Union Berlyn. In 1923 haal die klub die eindstryd om die Duitse kampioenskap, maar verloor teen Hamburger SV.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in twee verdeel deurdat die spelers en afrigters na Wes-Berlyn gevlug het en die klub weer daar hervestig het onder die naam SC Union 06 Berlyn. Die oorspronklike klub, wat bly voortbestaan het in Oos-Berlyn, is herdoop na SG Oberschönweide.

Die Wes-Berlynse span was aanvanklik baie suksesvol en het reuse-skares na sy wedstryde getrek (bv. 75 000 na 'n deurslaggewende wedstryd teen Tennis Borussia Berlyn), maar na die oprigting van die Berlynse Muur het dinge vinnig agteruitgegaan en vandag speel SC Union 06 Berlyn in die laer ligas van Berlyn (Kreisliga A Berlyn stapel 1).

Die oostelike klub ondergaan intussen heelwat naamsveranderinge: Union Oberschöneweide (1950), BSG Motor Oberschöneweide (1951), SC Motor Berlyn (1955), TSC Oberschöneweide (1957), TSC Berlyn (1963) en uiteindelik in 1966 1. FC Union Berlyn. Die klub wen die Oos-Duitse beker in 1968.

Na die eenwording van Duitsland het die klub aanvanklik ernstige finansiële probleme gehad, maar in 2001 slaag die klub daarin om die 2. Bundesliga te haal.

Die span se grootste prestasie na eenwording was egter toe die span in 2001 die eindstryd van die DFB-pokal gehaal het teen FC Schalke 04.

Erelys FDGB-Pokal: 1968

Onlangse ligaposisionering 1965–66 (II) DDR-Liga, St. Noord 1ste 1966–67 (I) DDR-Oberliga 6de 1967–68 (I) DDR-Oberliga 8ste 1968–69 (I) DDR-Oberliga 13de 1969–70 (II) DDR-Liga, St. Noord 1ste 1970–71 (I) DDR-Oberliga 5de 1971–72 (I) DDR-Oberliga 11de 1972–73 (I) DDR-Oberliga 13de 1973–74 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1974–75 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1975–76 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1976–77 (I) DDR-Oberliga 11de 1977–78 (I) DDR-Oberliga 8ste 1978–79 (I) DDR-Oberliga 10de 1979–80 (I) DDR-Oberliga 13de 1980–81 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1981–82 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1982–83 (I) DDR-Oberliga 12de 1983–84 (I) DDR-Oberliga 13de 1984–85 (II) DDR-Liga, St. A 1ste 1985–86 (I) DDR-Oberliga 7de 1986–87 (I) DDR-Oberliga 11de 1987–88 (I) DDR-Oberliga 11de 1988–89 (I) DDR-Oberliga 14de 1989–90 (I) DDR-Liga, St. A 2de 1990–91 (I) DDR-Liga, St. A 1ste 1991–92 (III) Am.Oberliga Noordoos 1ste 1992–93 (III) Am.Oberliga Noordoos 1ste lisensie geweier 1993–94 (III) Am.Oberliga Noordoos 1ste lisensie geweier 1994–95 (III) Regionalliga Noordoos 3de 1995–96 (III) Regionalliga Noordoos 2de 1996–97 (III) Regionalliga Noordoos 5de 1997–98 (III) Regionalliga Noordoos 6de 1998–99 (III) Regionalliga Noordoos 6de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 1ste 2000-01 (III) Regionalliga Noord 1ste 2001-02 (II) 2.Bundesliga 6de 2002-03 (II) 2.Bundesliga 9de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 17de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 18de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Noord 12de 2007-08 (III) Regionalliga Noord 4de 2008-09 (III) 3. Liga 1ste 2009-10 (II) 2. Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn