TuS Koblenz is 'n sokkerklub uit die stad Koblenz in Duitsland en is in 1911 gestig as FC Deutschland.

FC Deutschland is in 1917 ontbind en in 1919 heropgerig as FV 1911 Neuendorf. In 1934 het die klub met TV 1864 Neuendorf saamgesmelt en het verder as TuS Neuendorf bekendgestaan. Die klub het verskeie jare in die Gauliga (streek Moselland) gespeel, destyds die Duitse eerste klas. In 1943 en 1944 het die span hulle Gauliga gewen en in die uitspeelwedstryde om die nasionale titel deelgeneem, maar is vroeg uitgeskakel. Soos die Tweede Wêreldoorlog gevorder het, het die skedule van die Gauliga Moselland progressief korter geword totdat dit heeltemal in duie gestort het en die 1944/45-seisoen gekanselleer is.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die span opgehef en later weer opgerig as SpVgg Neuendorf. Twee jaar later verander die klub sy naam weer in TuS. In 1948 haal die span weer die nasionale uitspeelwedstryde om die Duitse titel deur derde in die Oberliga Suidwes te eindig. 1. FC Saarbrücken het tweede geëindig en moes eintlik deurgegaan het, maar Saarland was op daardie stadium deur Frankryk beset en het die Duitse spanne toegang tot nasionale kompetisies geweier. TuS het hierdie slag tot die halfeindstryd gevorder waar die span met 1-5 teen 1 FC Kaiserslautern verloor het.

Die klub het in 1982 sy naam verander na TuS Koblenz en speel in die 2006/07-seisoen vir die eerste keer in die 2. Bundesliga.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Suidwes 11de 1964-65 (II) Regionalliga Suidwes 6de 1965-66 (II) Regionalliga Suidwes 4de 1966-67 (II) Regionalliga Suidwes 14de 1967-68 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1968-69 (II) Regionalliga Suidwes 2de 1969-70 (II) Regionalliga Suidwes 8ste 1970-71 (II) Regionalliga Suidwes 6de 1971-72 (II) Regionalliga Suidwes 5de 1972-73 (II) Regionalliga Suidwes 11de 1973-74 (III) Regionalliga Suidwes 12de 1974-75 (IV) Amateurliga Rynland 5de 1975-76 (IV) Amateurliga Rynland 2de 1976-77 (IV) Amateurliga Rynland 1ste 1977-78 (IV) Amateurliga Rynland 1ste 1978-79 (IV) Am.Oberliga Suidwes 12de 1979-80 (IV) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1980-81 (IV) Am.Oberliga Suidwes 17de 1982-83 (V) Verbandsliga Rynland 9de 1983-84 (V) Verbandsliga Rynland 4de 1984-85 (V) Verbandsliga Rynland 2de 1985-86 (V) Verbandsliga Rynland 3de 1986-87 (V) Verbandsliga Rynland 2de 1987-88 (V) Verbandsliga Rynland 4de 1988-89 (V) Verbandsliga Rynland 13de 1989-90 (V) Verbandsliga Rynland 7de 1990-91 (V) Verbandsliga Rynland 7de 1991-92 (V) Verbandsliga Rynland 2de 1992-93 (V) Verbandsliga Rynland 2de 1993-94 (V) Verbandsliga Rynland 1ste 1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 3de 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 2de 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 11de 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 10de 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 14de 1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 9de 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 9de 2001-02 (IV) Oberliga Suidwes 11de 2002-03 (IV) Oberliga Suidwes 11de 2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 2004-05 (III) Regionalliga Suid 11de 2005-06 (III) Regionalliga Suid 2de 2006-07 (II) 2. Bundesliga 12de 2007-08 (II) 2. Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken

Koblenz Kategorie:Koblenz