SC Paderborn 07 is 'n sokkerklub uit Paderborn in Noordryn-Wesfale in Duitsland.

Die huidige SC Paderborn 07 het in 1985 ontstaan as TuS Paderborn-Neuhaus deur 'n samesmelting tussen TuS Schloß Neuhaus en FC Paderborn. Beide klubs was ook die produk van vroeëre samesmeltings. TuS Schloß Neuhaus het in die 1982/83-seisoen een seisoen in die 2. Bundesliga deurgebring. Die huidige naam is in 1997 aangeneem.

Die klub se tuisveld is die Hermann-Lönsstadion, wat nie aan die streng standaarde van die 2. Bundesliga voldoen nie. Die klub het dus 'n tydelike lisensie gekry en is besig met die konstruksie van 'n moderne stadion in Paderborn, die Paragon Arena, wat 'n kapasiteit van 15 300 sal hê. Die Paragon Arena was veronderstel om reeds in gebruik geneem te gewees het, maar bouwerk is vertraag as gevolg van regsoptrede deur die omliggende huiseienaars.

Die klub was betrokke by die berugte DFB-beker-wedstryd van 21 Augustus 2004 teen Hamburger SV wat verrassend 4-2 deur Paderborn gewen is. Dit het later bekend geraak dat die skeidsregter, Robert Hoyzer, deur 'n Kroasiese dobbelsindikaat omgekoop was om die uitslag te bekook. Gedurende die wedstryd is twee foutiewe strafskoppe en 'n twyfelagtige rooikaart uitgedeel.

Onlangse ligaposisionering TuS Schloß-Neuhaus 1973-74 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 9de 1974-75 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 13de 1975-76 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 16de 1976-77 (IV) Landesliga Wesfale-1 1ste 1977-78 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 3de 1978-79 (III) Am.Oberliga Wesfale 2de 1979-80 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de 1980-81 (III) Am.Oberliga Wesfale 3de 1981-82 (III) Am.Oberliga Wesfale 1ste 1982-83 (II) 2.Bundesliga 20ste 1983-84 (III) Am.Oberliga Wesfale 9de 1984-85 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de1.FC Paderborn 1969-70 (IV) Landesliga Wesfale-1 1ste 1970-71 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 9de 1971-72 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 4de 1972-73 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 14de 1973-74 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 5de 1974-75 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 3de 1975-76 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 9de 1976-77 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 6de 1977-78 (III) Verbandsliga Wesfale-NO 1ste 1978-79 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de 1979-80 (III) Am.Oberliga Wesfale 2de 1980-81 (III) Am.Oberliga Wesfale 1ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Wesfale 15de 1982-83 (III) Am.Oberliga Wesfale 12de 1983-84 (III) Am.Oberliga Wesfale 9de 1984-85 (III) Am.Oberliga Wesfale 15de TuS Paderborn-Neuhaus / SC Paderborn 07

1985-86 (III) Am.Oberliga Wesfale 2de 1986-87 (III) Am.Oberliga Wesfale 6de 1987-88 (III) Am.Oberliga Wesfale 8ste 1988-89 (III) Am.Oberliga Wesfale 9de 1989-90 (III) Am.Oberliga Wesfale 2de 1990-91 (III) Am.Oberliga Wesfale 8ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de 1992-93 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de 1993-94 (III) Am.Oberliga Wesfale 1ste 1994-95 (III) Regionalliga Wes/SW 9de 1995-96 (III) Regionalliga Wes/SW 5de 1996-97 (III) Regionalliga Wes/SW 10de 1997-98 (III) Regionalliga Wes/SW 9de 1998-99 (III) Regionalliga Wes/SW 7de 1999-00 (III) Regionalliga Wes/SW 13de 2000-01 (IV) Oberliga Wesfale 1ste 2001-02 (III) Regionalliga Noord 14de 2002-03 (III) Regionalliga Noord 8ste 2003-04 (III) Regionalliga Noord 3de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 2de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 9de 2006-07 (II) 2.Bundesliga 11de 2007-08 (II) 2.Bundesliga 17de 2008-09 (III) 3.Liga 3de 2009-10 (II) 2.Bundesliga 5de 2010-11 (II) 2.Bundesliga 12de 2011-12 (II) 2.Bundesliga 5de 2012-13 (II) 2.Bundesliga 12de 2013-14 (II) 2.Bundesliga 2de 2014-15 (I) 1.Bundesliga 18de 2015-16 (II) 2.Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Verwysings

2. Bundesliga 2010/11-seisoen FC Augsburg - TSV 1860 München - FC Erzgebirge Aue - Karlsruher SC - MSV Duisburg - VfL Osnabrück - Hertha BSC Berlyn - 1. FC Union Berlyn - SpVgg Greuther Fürth - DSC Arminia Bielefeld - VfL Bochum - FC Energie Cottbus - Fortuna Düsseldorf - FC Ingolstadt 04 - SC Rooiwit Oberhausen - FSV Frankfurt - SC Paderborn 07 - Alemannia Aken

Paderborn