SpVgg Unterhaching is 'n sokkerklub uit die dorp Unterhaching naby München in Beiere, Duitsland.

Die klub het ontstaan in 1925 met die afstigting van die sokkerafdeling van die gimnastiek- en sportklub TSV Hachinger. Ag jaar later is die klub ontbind deur die Nazi’s, maar die klub is heropgerig in 1945. Die volgende 35 jaar het die klub 'n relatief anonieme bestaan gevoer totdat die klub in 1980 van die Landesliga Suid-Beiere na die Amateur-Oberliga Beiere (derde klas) gepromoveer het.

In 1989 het die klub die eerste keer gepromoveer na die 2. Bundesliga. In die 1998/99-seisoen het die klub die sokkerwêreld geskud deur tweede te eindig in die 2. Bundesliga en hiermee promosie te kry na die Bundesliga.

In sy eerste seisoen in die Duitse topklas oortref die klub alle verwagtinge deur 10de te eindig. Verder het die klub ook 'n deurslaggewende rol gespeel in die stryd om die Duitse kampioenskap:

Bayer Leverkusen was in 'n sterk posisie om sy eerste titel te wen en moes op die laaste speeldag slegs 'n gelykopuitslag teen Unterhaching behaal om bo-aan die punteleer te eindig. Unterhaching het egter met 2-0 gewen en FC Beiere München, wat teen SV Werder Bremen gespeel en gewen het, eindig gevolglik bo-aan die leer en word dus die Duitse kampioen!

Onlangse ligaposisionering 1979-80 (IV) Landesliga Suid-Beiere 4de 1980-81 (IV) Landesliga Suid-Beiere 1ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Beiere 5de 1982-83 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1983-84 (III) Am.Oberliga Beiere 3de 1984-85 (III) Am.Oberliga Beiere 5de 1985-86 (III) Am.Oberliga Beiere 8ste 1986-87 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1987-88 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1988-89 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1989-90 (II) 2.Bundesliga 20ste 1990-91 (III) Am.Oberliga Beiere 2de 1991-92 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1992-93 (II) 2.Bundesliga 18de 1993-94 (III) Am.Oberliga Beiere 3de 1994-95 (III) Regionalliga Suid 1ste 1995-96 (II) 2.Bundesliga 4de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 6de 1997-98 (II) 2.Bundesliga 11de 1998-99 (II) 2.Bundesliga 2de 1999-00 (I) Bundesliga 10de 2000-01 (I) Bundesliga 16de 2001-02 (II) 2.Bundesliga 15de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 1ste 2003-04 (II) 2.Bundesliga 13de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 10de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 14de 2006-07 (II) 2.Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken

Unterhaching