Miri Regev, Hebreeus: מירי רגב , (gebore 1965) is 'n Israelse politikus van die Likoed-party.
Regev het bedryfskunde en naskoolse opvoeding studeer. Tydens haar militêre dienstyd het sy die rang van brigadegeneraal behaal. Sy is sedert 2009 'n lid van die Knesset. Van 2015 tot 2020 was sy minister van Kultuur en Sport in die Netanyahu IV-kabinet en van 2020 tot 2021 minister van Vervoer en Verkeersveiligheid in die Netanyahu-Gantz-kabinet.
Miri Regev is getroud en het drie kinders.
Eksterne skakels
Knesset se webwerf
Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Generaals Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Ministers van Sport Kategorie:Ministers van Vervoer