Die Yakovlev Yak-23 is 'n vegvliegtuig van die Sowjetunie wat die laaste ontwikkeling is van die Yak-15/17 familie. Dit grootste verskil van die Yakovlev Yak-17 is die stertvin wat groter is met hoogteroer wat hoër gemonteer is. Die vliegtuig was ontwerp as 'n dagligvegter en het sy nooiensvlug op 17 Junie 1947 voltooi. Dit was aangedryf deur 'n ingevoerde Rolls-Royce Derwent motor.

Die produksie-eenhede was aangedryf deur 'n Russiesvervaardigde Derwent motor, die RD-500 en 310 eenhede is uitgerol vanaf 1948. Ander Oosbloklande soos Bulgarye, Roemenië, Pole en Tsjeggo-Slowakye het ook die vliegtuig gebruik. Die Yak-23 was gesien as bystand aan die nuwer geslag vegvliegtuie soos hulle beskikbaar word en was later vervang deur die MiG-15 vanaf die middel van die 1950's in al die Oosbloklande.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Yakovlev Yak-23: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Klimov RD-500 turbostraal Kraglewering per motor 1 590 kg stukrag Vlerkspan 8,73 m Lengte 8,12 m Hoogte 3,31 m Vlerkoppervlakte 13,5 m2 Maksimum opstygmassa 3 036 kg Maksimum snelheid 975 km/h Operasionele hoogte 14 800 m Togafstand 1 200 km Klimvermoë 2 041 m per minuut Bewapening Twee 23 mm kanonne indie neus en een 60 kg bom

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Russiese wapentuig