Die Rooiborswagter (Oenanthe bottae) is 'n voëlspesie in die familie Muscicapidae. Heuglin se wagter (Oenanthe heuglini ) is voorheen by hierdie spesie ingesluit, maar word nou as 'n afsonderlike spesie beskou.

Beskrywing Lyk soortgelyk aan die groter en donkerder Europese skaapwagter, maar met 'n dowwer rooierige bors en breër swart stertpunt. Geslagte is eenders.

Omvang en habitat Dit kom voor in Eritrea, Ethiopië, Suidwes Saoedi-Arabië en Jemen. Die natuurlike habitat is subtropiese of tropiese hoë grasland. Dit is gewoonlik op hoogtes bo 1800 m.

Verwysings

Kategorie:Skaapwagters Kategorie:IUBN Rooilys veilige spesies