Die Yakovlev Yak-25 was 'n vegvliegtuig van die Sowjetunie. Navo se kodenaam vir die vliegtuig is Flashlight. Die Yak-25 is 'n tweesitplek, alleweerstoestande vegvliegtuig wat met radar toegerus is. Die prototipe, Yak-120, het op 19 Junie 1952 sy nooiensvlug onderneem. Dit was ontwerp om vir twee-en-'n-halfuur in die lug te bly sodat die radar optimaal gebruik kon word. Die Sokol radar het ongeveer 500 kg geweeg. Dit is aangedryf deur twee Tumansky turbostraalmotors wat onder die vlerke gemonteer is en bewapen met twee 37 mm kanonne wat onder die romp geheg is. Produksie van die vliegtuig het in 1953 begin, die radar was eers in 1955 gereed. Die vliegtuig was gebruik om die noorde van die Sowjetunie te beskerm teen bomwerpers. Dit het die Amerikaanse Lugmag oortuig dat verkenningsvlugte oor Rusland nie meer maklik sal wees nie. Produksie is in 1958 gestaak en die laaste vliegtuie is in 1967 vervang.

Tegniese besonderhede duimnael|regs|Lynsketse van die Yakovlev Yak-25 + Besonderhede van die Yakovlev Yak-25: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Tumansky RD-9 turbostraal Kraglewering per motor 2 633 kg stukrag Vlerkspan 11,0 m Lengte 15,67 m Hoogte 4,32 m Vlerkoppervlakte 28,94 m2 Maksimum opstygmassa 10 900 kg Maksimum snelheid 1 090 km/h Operasionele hoogte 14 000 m Togafstand 2 730 km Klimvermoë 3 000 m per minuut Bewapening Twee 37 mm kanonne aan die romp

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Russiese wapentuig