Die Yakovlev Yak-28 is 'n vegvliegtuig/bomwerper van die Sowjetunie. Navo se kodenaam vir die vliegtuig is Firebar. Op die oog af lyk die Yak-28 soos die Yakovlev Yak-25 maar dit is 'n nuwe ontwerp. Die prototipe, Yak-129, het op 5 Maart 1958 sy nooiensvlug voltooi. Die eerste paar eenhede is ontwikkel as bomwerper/taktiese aanvalsvliegtuie. Model Yak-28P was ontwikkel as onderskepvliegtuig met twee tandemsitplekke. Dit was ontwerp om op lae en medium hoogtes te werk en was toegerus met 'n Orel-radar. Die vliegtuig was bewapen met twee lug-tot-lugmissiele: een radarleidend en die ander infrarooileidend.

Die Yak-28 kon transsoniese vlug handhaaf en was voortdurend opgegradeer. Die laaste motors kon 6 128 kg stukrag lewer met 'n nabrander. Twee kortafstand lug-tot-lugmissiele was toegevoeg en dié modelle is die Yak-28PM genoem. Produksie van die vliegtuie is in 1967 gestaak nadat onder andere 437 vegvliegtuigweergawes gebou is. Die laaste modelle is in 1992 uit diens onttrek.

Tegniese besonderhede duimnael|regs|280px|Lynsketse van die Yakovlev Yak-25 + Besonderhede van die Yakovlev Yak-28: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Tumansky R-11F-2-300 turbostraal met nabrander Kraglewering per motor 6 128 kg stukrag Vlerkspan 11,64 m Lengte 20,65 m Hoogte 3,95 m Vlerkoppervlakte 37,6 m2 Maksimum opstygmassa 15 700 kg Maksimum snelheid 1 890 km/h Operasionele hoogte 16 000 m Togafstand 2 630 km Klimvermoë OnbekendBewapening Twee Anab-missiele, een infrarooimissiel,een radargeleide missiel,twee kortafstand lug-tot-lugmissiele

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Russiese wapentuig