Die Yakovlev Yak-17 is 'n straalaangedrewe vegvliegtuig wat deur die Sowjetunie ontwikkel en gebou is. Dit is ontwikkel uit die Yakovlev Yak-15. Daar is 430 Yak-17's gebou. Die Yak-17 het, anders as die Yak-15, 'n intrekbare driewielonderstel gehad asook 'n kragtiger motor. Daar was ook strukturele verbeteringe gemaak om die vliegtuig te versterk. Weggooibare brandstoftenks was ook bygevoeg om die togafstand te verbeter. Daar was ook 'n tweesitplek-opleidingmodel ontwikkel.

Die Poolse- en Tseggiese lugmagte het ook die vliegtuig gebruik. Dit is uitgefaseer teen 1955 deur alle lugmagte.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Yakovlev Yak-17: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Klimov RD-10A turbostraal Kraglewering per motor 1 000 kg stukrag Vlerkspan 9,2 m Lengte 8,78 m Hoogte 2,1 m Vlerkoppervlakte 14,85 m2 Maksimum opstygmassa 3 323 kg Maksimum snelheid 750 km/h Operasionele hoogte 12 750 m Togafstand 717 km Klimvermoë 5 000 m in 5,8 minuteBewapening Twee 23 mm kanonne in die neus

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Russiese wapentuig