Die Saab 21 is 'n Sweedse vegvliegtuig en die eerste vliegtuig wat eers met 'n suierenjin en later met 'n straalmotor aangedryf is. Hierdie vliegtuig was ontwerp om die verouderde V.S.A. en Italiaanse vegvliegtuie van die Sweedse Lugmag te vervang.
Die J21A was suierenjin model, toegerus met 'n Daimler Benz-enjin en is in diens gestel in Junie 1945. Die enjin ontwerp was 'n stoot konfigurasie. Dit het ook oor 'n uitskietstoel beskik om te verseker dat persone wat uitspring nie in die skroef beland wat net 4.58 m agter die kajuit is nie.
Na ontwikkeling het die J21RA die lig gesien in 1949, toegerus met 'n straal motor. Die ontwikkeling was vertraag nadat tegniese probleme met die omskakeling ondervind was. Die straalmotor het die vliegtuig se topspoed met 160 km/h verbeter.
Daar was ook grondaanval modelle met beide enjins ontwikkel.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Saab J21RB: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger de Havilland Goblin 3 turbostraal Kraglewering per motor 1 500 kg stukrag Vlerkspan 11,6 m Lengte 10,45 m Hoogte 2,95 m Vlerkoppervlakte 22,2 m2 Maks. opstygmassa 4 990 kg Maks. snelheid 800 km/h Operasionele hoogte 12 000m Togafstand 720km Klimvermoë 1 400 m per minuut Bewapening Een 20 mm kanon en twee 13.2 mm masjiengewere in neus. Ook twee masjiengewere in vlerke
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie