Nomaindia Mfeketo (gebore 2 Junie 1952 –) is 'n voormalige lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress. Sy het die pos van Minister van Menslike Nedersettings in die eerste kabinet van Cyril Ramaphosa van Februarie 2018 tot Mei 2019 beklee. Voor dit was sy die burgemeester van Kaapstad, vir twee termyne, nl. 1998–2000 en weer van 2002–2006.
Eksterne skakel Nomaindia Mfeketo op People's Assembly.
Kategorie:Burgemeesters van Kaapstad Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van behuising Kategorie:Xhosas