Membathisi Mdladlana (12 Mei 1952 - 18 Oktober 2024) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was sedert September 2012 die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada. Hy is gebore in Keiskammahoek, Oos-Kaap.
Onderwyser Mdladlana was 'n onderwyser en het in 1997 'n Baccalaureus Artium aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf in die onderwys en die Xhosa-taal. Van 1972 tot 1981 was Mdladlana 'n onderwyser aan die Laerskool Vukukhanye in Gugulethu, 'n township van Kaapstad. Van 1982 tot 1994 was hy die hoof van die Laerskool Andile in Crossroads, Kaapstad.
Politikus Hy was die Minister van Arbeid van Suid-Afrika van 1998 tot 2010 nadat hy deur Nelson Mandela aangestel is.
Dood Mdladlana sterf on 18 October 2024, op die ouderdom van 72, as 'n gevolg van COVID-19.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 2024 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van arbeid