Nkosinathi Nhleko is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy het van 26 Mei 2014 tot 30 Maart 2017 as Minister van Polisie in die kabinet van Jacob Zuma gedien. As polisieminister was hy daarvoor verantwoordelik dat Zuma slegs 'n klein gedeelte van sy skuld vir huisverbeterings aan Nkandla hoef terug te betaal.
Op 4 Maart 2024 het Nhleko sy bedanking uit die ANC ingedien en Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, aangehaal as een van sy redes vir sy besluit om weg te stap. Hy het gesê Mbalula se uitlatings oor toesmeer vir oudpresident Jacob Zuma met betrekking tot die Nkandla-kwessie het bygedra tot sy besluit om die regerende party te verlaat. Siyabonga Sithole, 5 Maart 2024. Yet another ANC member quits the party. https://www.msn.com/en-za/news/other/yet-another-anc-member-quits-the-party/ar-BB1jmkqF?ocid=msedgntp&pc=U531&cvid=0dd87251999f4acb95bc23b4b0cdd57a&ei=23 ,Besoek 5 Maart 2024.
Verwysings
Eksterne skakels Nkosinathi Nhleko op People's Assembly
Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici