Amersfoort is 'n klein plattelandse dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika wat vernoem is na die stad Amersfoort in Nederland. Die N11 nasionale pad gaan deur Amersfoort en is 42 km noord van Volksrust.
Geskiedenis Die dorp het ontstaan toe twee boere grond vir 'n nuwe NG Kerkgemeente geskenk het. Ds Frans Lion Cachet het die gemeente gestig en dit na Amersfoort in Nederland vernoem. Die dorp is in 1888 gestig om die Nederduits Gereformeerde Kerk wat in 1876 gebou is.
Distrik Die distrik is 1 800 km2 groot. Skaapboerdery is die belangrikste bedryf.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga