Volksrust is 'n groot dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika aan die KwaZulu-Natalgrens.

duimnael|links|300px|Die SAR Klas 19D 2696 (4-8-2) op Volksrust.

Geskiedenis Die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1888 besluit om 'n dorp op die rand van die Drakensberg naby Natal te stig. Die dorp is toe gestig naby die plek waar die Slag van Majuba plaasgevind het tydens die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Zuid-Afrikaansche Republiek se vryheid van Brittanje herwin is. Dorothea de Jager, 'n dogter van Dirk Uys, een van die Majuba-slagoffers, het die dorp Volksrust genoem, oënskynlik omdat dit is waar die ZAR-soldate gerus het.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n konsentrasiekamp hier gebou waarin baie vroue en kinders gesterf het.

Volksrust het in 1904 'n munisipaliteit geword.

Landbou Die distrik is 1 870 km2 groot. Die dorp is 'n belangrike bees-, suiwel-, mielie-, sorghum-, wol- en sonneblomproduksieplek.

Kragsentrale Majuba, een van Eskom se kragsentrales, is hier naby geleë.

Bekende persone gebore in Volksrust Rolene Strauss - Mej. Wêreld 2014 Cor Dirks - skrywer van jeugboeke Willem Kamp – skrywer en digter

Sien ook Konvensiebrug Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronnelys Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

duimnael|links|300px|Die Transvaal protesoptog, deur Gandhi georganiseer, deur Volksrust in Oktober-November 1913.

Eksterne skakels Google-kaart Volksrust se tuisblad

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga