Karel die Grote (Latyn: Carolus Magnus of Karolus Magnus, Duits: Karl der Große, Engels en Frans: Charlemagne) (2 April 748 – 28 Januarie 814) was die Koning van die Franke van 768 tot met sy dood in 814. Hy het Italië oorwin en die Yster Kroon van Lombardye in 774 aangeneem. Op 'n besoek aan Rome in 800 is hy deur Pous Leo III op Kersdag tot keiser gekroon. Deur sy aanname van die keiserstitel word hy as die voorloper beskou van die reeks keisers van die Heilige Romeinse Ryk, wat tot in die 19de eeu voortbestaan het.Heather (2009), bl. 368. Deur sy buitelandse oorwinnings en interne hervormings het Karel die Grote bygedra tot die herdefinisie van Wes-Europa en die Middeleeue. Sy heerskappy word ook geassosieer met die Karolingiese Renaissance, 'n herlewing van kuns en onderwys in die Weste.

Karel die Grote was die seun van Pepyn die Korte en sy vrou Bertrada van Laon. Sy oorspronklike naam in Oud-Frankies is nooit gedokumenteer nie, maar vroeë voorbeelde van sy naam in Latyn lees "Carolus" of "Karolus".Nelson (2019), bl. 2, 68. Hy het sy vader opgevolg en saam met sy broer Karloman regeer tot laasgenoemde se dood in 771. Karel die Grote het sy vader se beleid teenoor die pousdom voortgesit en het die beskermer van die pousdom geword, die Longobarde se mag in 774 in Noord-Italië opgehef, en oorlog gevoer met die Sarasene, wat sy ryk uit Spanje lastig geval het. Tydens een van die veldtogte het hy een van die ergste nederlae van sy lewe by Roncesvalles deurgemaak (778). Hy het ook veldtogte teen die bevolkings oos van sy ryk gevoer, veral die Sakse, en hulle na 'n uitgerekte oorlog aan sy heerskappy onderwerp. Deur hulle na Christendom te bekeer het hy hulle in sy ryk geïntegreer en dus die weg gebaan vir die latere Ottoniaanse Dinastie.

Karel die Grote het die grootste deel van Wes- en Sentraal-Europa verenig. Sy regering het die verowering van Beiere, Sakse en Noord-Spanje gesien, en hy het die Christendom na sy nuwe veroweringe uitgebrei, soos by die moord van Verden teen die Sakse. Hy het ook gesante gestuur en in die 790's diplomatieke kontak met Haroen al-Rasjid, die Abbasidiese kalief, aangeknoop weens hulle gemeenskaplike belang in Spaanse aangeleenthede. As koning en keiser het hy talle hervormings in die administrasie, die reg, die onderwys, die militêre organisasie en die godsdiens deurgevoer wat Europa vir eeue gevorm het. Hy is in 814 begrawe in die Paltskapel – nou deel van die Katedraal van Aken – in Aken, sy keiserlike hoofstad, en verskeie historiese koningshuise van Europa herlei hulle afkoms na hom.Fried (2016), bl. 528.

Vandag word Karel die Grote as die vader van beide Frankryk en Duitsland gesien, en soms ook as die Vader van Europa. Hy was die eerste heerser van 'n Wes-Europese keiserryk sedert die val van die Romeinse Ryk.Pierre Riche, The Carolingians: A Family Who Forged Europe, University of Pennsylvania Press, 1993,

Naam Verskeie tale is in Karel die Grote se wêreld gepraat.Riché (1993), bl. 130–132. Vir vroeë Oudfranse (of Proto-Romaanse) sprekers was hy Karlo bekend, en in Middeleeuse Latyn, die formele taal van skrif en diplomasie, Carolus of Karolus.McKitterick (2008), bl. 116. Charles is die moderne Engelse vorm van dié name, en die naam Charlemagne, waaronder hy in Engels gewoonlik bekend staan, kom van die Franse Charles-le-magne ("Karel die Grote").Nelson (2019), bl. 2. In moderne Duits en Nederlands staan hy onderskeidelik as Karl der Große en Karel de Grote bekend.Fried (2016), bl. 529.

Die Latynse bynaam magnus ("groot") is moontlik reeds tydens sy lewe met hom verbind, maar dit is nie seker nie. Die eietydse Koninklike Frankiese Annale noem hom gewoonlik Carolus magnus rex ("Karel die groot koning").Barbero (2004), bl. 413. Die bynaam is in die werke van die Poeta Saxo omstreeks 900 opgeteken en teen 1000 algemeen op hom toegepas.Fried (2016), bl. 4.

Karel is na sy grootvader, Karel Martel, vernoem.Becher (2005), bl. 42–43. Dié naam en sy afleidings is nie voor die gebruik daarvan deur Karel Martel en Karel die Grote opgeteken nie.Nonn (2008), bl. 575. Karolus is deur die Slawiese tale as hulle woord vir "koning" oorgeneem – Russies korol, Pools król en Slowaaks kráľ – deur Karel die Grote se invloed of dié van sy agter-agterkleinseun Karel die Dikke.Fried (2016), bl. 5.

Agtergrond duimnael|links|'n Frankies koning (middel), soos Karel die Grote uitgebeeld in die Sakramenterie van Karel die Kale (omtrent 870). duimnael|links|Beeldhouwerk van Karel die Grote in Frankfurt am Main.

Teen die 6de eeu is die Franke gekersten – grootliks deur die bekering van koning Clovis I tot die Katolisisme – en het die Frankiese Ryk onder die heerskappy van die Merovinge die magtigste van die koninkryke wat die Wes-Romeinse Ryk opgevolg het, geword.Waldman en Mason (2006), bl. 270, 274–275.Heather (2009), bl. 305–306. Dié koninkryk, Francia, het gegroei om byna die hele huidige Frankryk en Switserland sowel as dele van die moderne Duitsland en die Lae Lande in te sluit, en is dikwels onder verskillende Merovingiese konings verdeel weens die verdeelbare erfreg wat die Franke gevolg het.Costambeys, Innes en MacLean (2011), bl. 35–37. Die laat 7de eeu was 'n tydperk van oorlog en onstabiliteit ná die moord op koning Childerik II, wat tot faksiestryd onder die Frankiese aristokrate gelei het.Costambeys, Innes en MacLean (2011), bl. 38. Na die Slag van Tertry het die Merovinge egter getaan tot 'n staat van magteloosheid wat daartoe gelei het dat hulle rois fainéants (konings wat niks doen nie) genoem is. So te sê alle regeringsmag van enige belang is uitgevoer deur hulle hoofoffisier, die major domus.

In 687 het Pepyn van Herstal, major domus van die paleis van Austrasia, die onenigheid tussen die verskillende konings en hulle majors beëindig met sy oorwinning by Tertry en vir alle praktiese doeleindes die alleenregeerder van die hele Frankiese koninkryk geword.Frassetto (2003), bl. 292. Pepyn self was die kleinseun van twee van die belangrikste figure van die Austrasiese Koningryk, Sint Arnulf van Metz en Pepyn van Landen.

Pepyn is uiteindelik opgevolg deur sy seun Karel, later bekend as Karel Martel (die Hamer).Waldman en Mason (2006), bl. 271. Na 737, het Karel die Franke regeer sonder 'n koning op die troon maar het vermy om homself koning te noem. Karel is opgevolg deur sy seuns Karloman en Pepyn die Korte, die vader van Karel die Grote. Om separatisme in die uitstreke van die ryk in toom te hou, het die broers in 743 Childerik III, die laaste van die Merovinge konings, op die troon geplaas.McKitterick (2008), bl. 71–72.

Nadat Karloman in 747 uit sy pos bedank en 'n klooster in Rome binnegegaan het, het Pepyn Childerik III met pous Zacharias se goedkeuring afgeset.Costambeys, Innes en MacLean (2011), bl. 55. In 751 is Pepyn tot koning verkies en gekroon as Koning van die Franke en in 754 het Pous Stefanus II hom en sy jong seuns weer geseën. Hulle was nou die erfgename van die groot ryk wat die meeste van westelike en sentraal Europa ingesluit het. Die Merovinge dinastie is hiermee vervang deur die Karolingiese dinastie, genoem na Pepyn se vader Karel Martel en die dinastie se belangrikste lid, Karel die Grote.

Onder die nuwe dinastie het die Frankiese koninkryk uitgebrei om 'n gebied in te sluit wat meeste van Wes-Europa ingesluit het. Die verdeling van die koninkryk het Frankryk en Duitsland gevorm;Oman, Charles. The Dark Ages 476–919. Rivingtons: London, 1914. Regards Charlemagne's grandsons as the first kings of France and Germany, which at the time comprised the whole of the Carolingian Empire save Italy. en die godsdienstige, politieke, en kunsevolusie met oorsprong van 'n sentraal-geposisioneerde Francia het 'n definieerende indruk op die hele Wes-Europa gelaat.

Lewenstyd Geboorte duimnael|Die uitbreiding van die Frankiese Ryk onder Karel die Grote. Daar word gemeen dat Karel die Grote op 2 April 748 gebore is; sy geboortejaar is onseker, maar 748 is die waarskynlikste.Nelson (2019), bl. 29.Costambeys, Innes en MacLean (2011), bl. 56.Fried (2016), bl. 15–16. 'n Ouer tradisie, wat op drie bronne berus, gee 742 as geboortejaar: die 9de-eeuse biograaf Einhard berig dat Karel 72 jaar oud was toe hy gesterf het, die Koninklike Frankiese Annale gee sy ouderdom by sy dood onnoukeurig as ongeveer 71, en sy oorspronklike grafskrif noem hom 'n sewentiger.Barbero (2004), bl. 11. Einhard het self gesê dat hy nie veel van Karel se vroeë lewe geweet het nie, en sommige moderne vakkundiges meen dat hy, omdat hy die keiser se werklike ouderdom nie geken het nie, tog 'n datum wou gee wat by die Romeinse keiserbiografieë van Suetonius pas, wat hy as model gebruik het.Becher (2005), bl. 41.

Die historikus Karl Ferdinand Werner het die aanvaarding van 742 bevraagteken en na 'n byvoeging tot die Annales Petaviani verwys wat Karel se geboorte in 747 aanteken.Barbero (2004), bl. 350. Die Lorsch-abdy het van die middel van die 9de eeu af 2 April as sy geboortedag herdenk, en dié datum is waarskynlik eg.Nelson (2019), bl. 28. Matthias Becher het op Werner se werk voortgebou en aangetoon dat 2 April in die opgeteken jaar eintlik in 748 sou geval het, aangesien die annaliste die jaar met Pase eerder as 1 Januarie laat begin het. Die meeste vakkundiges aanvaar tans April 748.

Daar bestaan ook 'n mate van onsekerheid oor sy geboorteplek. Baie geskiedskrywers gee sy geboorteplek aan as Herstal naby Luik in België of as Jupille, en ander plekke wat al voorgestel is, sluit Prüm, Düren, Aken, Vaires-sur-Marne en Quierzy in.Nelson (2019), bl. 68. Pepyn die Korte het in 748 'n vergadering in Düren gehou, maar dit kan nie bewys word dat dit in April plaasgevind het of dat Bertrada by hom was nie.Hägermann (2011), bl. xxxiii. Hy het in sy vader se villa in Jupille gaan woon toe hy omtrent sewe was.

Taal en opvoeding Die patrius sermo ("moedertaal") waarna Einhard met betrekking tot Karel verwys, was 'n Germaanse taal.Chambers en Wilkie (2014), bl. 33.McKitterick (2008), bl. 318. Weens die algemeenheid van "landelike Romaans" (vulgêre Latyn) in Francia was hy waarskynlik van jongs af tweetalig in Germaanse en Romaanse dialekte. Karel het ook Latyn gepraat en kon volgens Einhard 'n bietjie Grieks verstaan en moontlik praat.Fried (2016), bl. 24. Sommige 19de-eeuse geskiedkundiges het probeer om die Eed van Straatsburg te gebruik om Karel se moedertaal vas te stel: hulle het aangeneem dat die afskrywer van die teks, Nithard, wat 'n kleinseun van Karel was, dieselfde dialek as sy grootvader sou gepraat het, wat tot die aanname gelei het dat Karel 'n taal na aan dié van die eed sou gepraat het – 'n vorm van Oudhoogduits wat die voorloper van die moderne Rynfrankiese dialekte is. Ander skrywers het weer uit die plek van sy opvoeding en sy hoofverblyf in Aken afgelei dat hy heel waarskynlik 'n vorm van Moesel- of Ripuaries-Frankies gepraat het. Al drie dialekte sou in elk geval naverwant en onderling verstaanbaar gewees het.